Ek het al vertel van die boek wat kleinseun gelees het, daardie een met ‘n titel soos Dino poef ‘n planeet?
Wel hier kom ‘n nuwe een, so uit sy eie mondjie uit.
Die antibiotika het sy magie so effens ongesteld gemaak, dus gryp hy die boudjies so bo-oor die broekie vas en hol vir die badkamer.
Ek wil help, maar hy raas so omkyk-omkyk met my.
“Bly, Ouma, bly!”
Dus loer ek maar om die deur of hy regkom. En ja, hy doen. Broekie af, onderbroekie af en daar sit hy.
Ek loer in en hy is tevrede, hy is besig op die baba-toiletjie.
Ek is terug kombuis toe, toe ek weer geroep word:
“Ouma, kom kyk!”
Ek stap in en hy staan op, wys in die bakkie.
Sjoe, ja, nee kyk, sê ek, dit is ‘n groooottttt poefie.
Hy kyk my so aan en toe weer na die hopie in die bakkie.
“Dit is ‘n kasteel!”
En toe lê ek soos ek lag, want ons twee het Desember sandkastele op die strand gebou. So dankbaar ek het nie gehelp om die ene met die hand te bou nie ….
My kleinkind poef nie ‘n planeet nie, hy poef ‘n kasteel!
Haha 😁, dis te oulik! Ek dink dis baie beter om ‘n kasteel te poef as ‘n planeet!
LikeLiked by 1 person
Ne, ek het ook gevoel die beskrywing is baie beter. Dankie, ek kan die kind opeet as hy so oulik is.
LikeLiked by 1 person
Ek het daai boek vir my kleindogter gekoop wat eier om in die toilet te poef, of selfs op ‘n potjie. Sy ken al die hele storie, nou wag ons in spanning vir die pennie om te drop….of is dit nou n poef?
LikeLiked by 1 person
Funny, lag ek nou alte lekker
LikeLike