Ons bly op ‘n gholflandgoed in die stad. Regtig in die middel van ‘n stad. En tog hou dit die natuur nie van ons af weg nie.
Lees voort “Die tarentale van ons landgoed”Etiket: gholf
Fietse vir gholfsakke?
Ek dink almal wat my skrywes lees, weet dat ek van gholf hou. Nie om op die TV te kyk as hulle speel nie, ook nie om self te speel nie. Maar om saam met manlief te stap of op ‘n gholfkarretjie te ry terwyl hy speel.
Lees voort “Fietse vir gholfsakke?”Gholf in Almaty
Ek het al vertel dat ek en manlief net een keer op ‘n gholfbaan in Almaty was. Wel, vandag herinner my iPad my aan hierdie foto wat vandag my hooffoto is.
Lees voort “Gholf in Almaty”Gholf by Kalahari Country Club Kathuy
Ek dink almal dink al ek speel gholf, manlief dink ek is sy eie spotter en ek weet ek gaan net saam om gholfbane te bewonder en foto’s te neem. Dus gaan daar balle verlore, want die spotter het iets gesien wat ‘n foto werd is.
‘n Oggend saam met manlief op ‘n gholfbaan in Almaty
In Ust-Kamenogorsk kon manlief nie gaan gholf speel nie. Daar was nie gholfbane nie. Of ek jok, daar was een. By die Nurtau ski-oord naby Ust-Kamenogorsk. Nie juis ‘n plek waar ek ‘n gholfbaan sou bou nie. Die sneeu bedek die aarde daar vir ses maande en dalk selfs langer met ‘n laag van so meter of meer dik. Kan meer wees, ek praat onder korreksie. Maar nie minder nie. Hoe moet die fynbesnaarde gras van setperke sulke uiterste koues oorleef?
Lees voort “‘n Oggend saam met manlief op ‘n gholfbaan in Almaty”