‘n Week gelede is my ma doodsiek per ambulans hospitaal toe. Sy het in Maart 80 geword en ek het by my pa gepleit. Asseblief, laat sy net medisyne teen die suiker en infeksie kry, moet haar nie inboek nie.
Lees voort “Waterfall Netcare Midrand was wonderlik”Etiket: covid-19
So, wat doen ek in Qazaqstan?
‘n Afrikaanse tydskrif het my laas jaar gevra om iets oor ons lewe hier te skryf. Dit sou Junie geplaas word, maar toe tref die virusbeperking die land. Nou verskuif die tydskrif se fokus na Suid-Afrikaanse vrouens. Ek het dit nou teruggetrek.
Om deel van ‘n aanlyngroep te wees
My studieveld is verhoudinge en hoe mense verhoudinge bou om ‘n doel te bereik, veral as dit gaan om oor saamleer. Want dit is eintlik waaroor dit gaan, as daar nie ‘n doel is nie, is dit nie die moeite werd om deel van ‘n groep te wees nie.
Ust’-Kamenagorsk word 4 Maart 2020 gegrendel
Sedert die eerste nuus ons hier in Qazaqstan bereik het, het ek geweet dat die dag vir ons ook sou kom. Om onder kwarantyn te gaan om die SARS-CoV-2 virus se tentakels te beperk. Die probleem is nie dat dit mense siek maak nie, maar eerder dat mense ander aansteek nog voordat hulle self weet dat hulle siek is.
Om aan te stuur, of nie …
Vandat die SARS-CoV-2 virus in Sjina ontstaan het, word ek gebombardeer met grappe en spotprente en spottende teks oor die virus wat vinnig oor die grense van Sjina na ander dele van die wêreld versprei het.