Na aanleiding van kommentaar op vandag se foto-storie #8 deel ek so bietjie van dollatjie se troufoto’s, veral omdat vriendinne vra hoe my naaldwerk gelyk het.
Etiket: naaldwerk
As ‘n woef se ma naaldwerk kan doen
Ek het al vertel dat BB my Miniatuur Schnauzer is. En dat sy babadoeke gedra het toe sy op hitte was. Om vir Nevan die Siberiese Husky van sy luste te laat vergeet. Kliek hier as jy dit nog nie gelees het nie.
Om garing in Almaty te kry is soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek …
Ek het toe die materiaal vir die romp en bloes gekry. En dit lyk my ek het te lanklaas klere gemaak. Want ek stap nooit uit ‘n materiaalwinkel sonder die regte kleur garing in my sakkie nie. Die keer het ek wel. Miskien omdat manlief saam was?
Lees voort “Om garing in Almaty te kry is soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek …”As leerders weet dat juffrou kan brei
Dit is interessant hoe die lewe werk.
As jy ‘n juffrou was.
Om ‘n naaimasjien in Qazaqstan te koop
Ek het ‘n Bernina tuis. En ek lief haar. Was altyd Elna-aanhanger, maar toe bied Bernina beter diens in Roodepoort. Maar my omkapmasjien is steeds ‘n Elna. Die twee moes tuis bly toe ons na Qazaqstan toe kom. Omdat die twee make nie hier te koop is nie.
Lees voort “Om ‘n naaimasjien in Qazaqstan te koop”