e-Pos uit Kazakhstan – Maart/April 2021 Sarie

Vanoggend was daar nog niks en toe ek weer kyk, is die nuutste Sarie op die rakke. Dit is nou die een waarin my e-pos uit Kazakhstan gepubliseer is. Kan mens regtig so knop op jou maag kry as jy sien dit is nou dit? Die Sarie is op die rakke, die artikel is gepubliseer. … Lees voort e-Pos uit Kazakhstan – Maart/April 2021 Sarie

Internasionale moedertaaldag – 21 Februarie ‘21

Ek moes dit net doen ... die datum. Lyk dit nie interessant nie? Dit was vandag internasionale moedertaaldag en ek wonder hoeveel mense het dit gevier. Daarvan geweet. Hier in die Noord-Kaap besef ek hoe gelukkig ons is om Afrikaans te hoor. In die winkels, in die kafees, ons word bykans oral in Afrikaans bedien … Lees voort Internasionale moedertaaldag – 21 Februarie ‘21

Heerlike geure Rooibostee

Ek het nie van die smaak van rooibostee gehou nie. Toe oortuig ek myself dat ek baie van rooibostee hou terwyl ek met my kinders swanger was. Want ek moes nog koffie los om hulle te beskerm. My vriendinne was verras. As hulle vra wat ek gaan drink, was dit nie meer koffie nie, dit … Lees voort Heerlike geure Rooibostee

Ek is BB, die Miniatuur Schnauzertjie

Hierdie plasing vorm deel van die volgende bloguitdaging: “Die wêreld verander teen ‘n vinnige spoed, ons kleinkinders word met ‘n selfoon en tablet in die hande groot. Hulle draai ‘n kraan oop, kry lopende water, sit ‘n skakelaar aan en daar is elektrisiteit. Sit ‘n TV aan en kyk ‘n storie. En dink selfs oumas … Lees voort Ek is BB, die Miniatuur Schnauzertjie

Afwagting – artikel in Sarie

Verlede jaar, nog voordat die pandemie my in ons woonstel in Öskemen, Kazakhstan, ingeperk het, het ek Sarie gekontak omdat hulle onderhoude wou voer met Suid-Afrikaners wat in ander lande woon. Hulle mag my maar kontak. En terugvoer gekry, hulle wou graag onderhoud met my voer. Die vrae is gestuur en ek moes navorsing oor … Lees voort Afwagting – artikel in Sarie

Wie lees my Afrikaanse blogs?

Ek voel al 'n geruime tydjie om hierdie vraag te vra, want ek kyk so na die statistiek wat WordPress gee. Verwag om Suid-Afrika op die kaart te sien, net Suid-Afrika. En dan is lande wêreldwyd pienk gemerk om aan te dui dat my werk oor die grense van die land gevlieg het. En dit … Lees voort Wie lees my Afrikaanse blogs?

Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen

Hierdie ware verhaal het 'n kinkel in die kabel, dit vorm deel van 'n bloguitdaging: Vir die doel van hierdie uitdaging word elke Goue Vrou uitgedaag om ‘n ware verhaal te vertel waarin sy waaghalsig, roekeloos, dapper, onverskillig, vreesloos, uitdagend, mal, koen, riskant, gevaarlik of heldhaftig was. Met een groot verskil. Soos gewoonlik is die res … Lees voort Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen

8-mere (8-lakes) vakansie-oord buite Almaty – ‘n juweel

Ek moet oor ons besoek aan hierdie vakansieplek vertel. Want Ust-Kamenogorsk het nie veel van toerisme geweet nie. En hierdie soort plek sal daar net so goed werk. Almaty ken darem die behoeftes van toeriste ... Vriendin Mia het in September vertel hulle wil Almaty toe kom. Dan gaan hulle na die 8-lakes vakansie-oord toe. … Lees voort 8-mere (8-lakes) vakansie-oord buite Almaty – ‘n juweel

Shymbulak – wêreldgehalte ski-oord by Almaty, Kazakhstan

Ek dreig so lankal om te vertel van hierdie pragtige ski-oord in die Zailiyskiy Alatau bergreeks wat agter ons woonstel die suidelike grens van Almaty ontwikkel is. As ek egter deur my foto’s begin blaai, weet ek nie wat om te vat en te los nie. Dus gaan ek tog nou probeer. Die Alatau bergreeks … Lees voort Shymbulak – wêreldgehalte ski-oord by Almaty, Kazakhstan

My 60ste sal ek nie lig vergeet nie …

17 Augustus 2020 was die een dag in my lewe wat ek so graag saam met my kinders wou vier. My 60ste verjaarsdag. Die Here het egter ‘n ander plan vir my gehad. Die datum 17 Augustus gaan onthou word omdat dit die einddatum van die tweede inperking in Qazaqstan was. Ons kon uiteindelik na … Lees voort My 60ste sal ek nie lig vergeet nie …