Ek was in Januarie 2020 vuur en vlam en het voorstelle vir drie boeke ingestuur. Al drie is aanvaar. Teen middel Maart het ek geweet dat ek drie hoofstukke gaan moet skryf. En ek was vuur en vlam, want dit was goeie nuus en ek het geweet wat ek wou ondersoek.
Lees voort “Nog ‘n hoofstuk vir internasionale boek aanvaar …”Maand: Oktober 2020
Ek het nie meer ‘n weertoep nodig nie
Ek het so pas my weertoep, Weather Live, gestaak, want ek het dit nie meer nodig nie. Hier ken ek die weer, weet ek hoe om aan te trek as ek by die venster uitkyk en kan ek nie verkluim as ek nie reg aantrek nie.
Lees voort “Ek het nie meer ‘n weertoep nodig nie”As BB se probleme opgelos moet word …
BB is my miniatuur Schnauzertjie; sy is so bietjie meer as tien jaar oud. As jy hier lees, sal jy verstaan hoe ek my hart styf toe mies maak terwyl ons in Kazakhstan geleef het. Om nie aan haar en my ander woefkinders te dink nie.
Lees voort “As BB se probleme opgelos moet word …”Doringbome en wag-‘n-bietjies
Blogvriendin Woordnoot skryf vandag oor doringbome. En toe is ek sommer lus om ook te skryf. Veral omdat ek een in ons tuin laat afkap het. Ene wat die gras versmoor, ons het hom op verkeerde plek geplant. Ek wil oor twee soorte bome met dorings skryf wat by ons langs die rivier groei.
Lees voort “Doringbome en wag-‘n-bietjies”My drie skaduwees … ek bedoel twee …
Ek het my hart styf toegesluit om my drie Miniatuur Schnauzers, BB, Shilo en Sobek nie vreeslik te mis toe ons in Kazakhstan gebly het nie. Hulle sou aanvanklik saam met ons oorgegaan het. Want my kinders kon nie na hulle kyk nie. En ek sou hulle nie laat uitsit omdat ek oorsee gaan bly nie.
Lees voort “My drie skaduwees … ek bedoel twee …”Ek is nie ‘n vinkwyfie nie …
Ek skryf eergister oor manlief wat nutsman speel en die huis verfraai. Terwyl ons in die stadshuis wat in die mark is, moet bly omdat die verwers verf. Ons kon dus nie rivier toe gaan soos wat ons beplan het nie. Om die eerste twee weke van ons kinders en vriende te isoleer tot ons weet dat ons geen kiem op die vliegtuig opgetel het nie.
Lees voort “Ek is nie ‘n vinkwyfie nie …”