Gepubliseer in Joernaal

9 jare by WordPress, 3 of 4 frustrerende jare by Jetpack

Ek skryf in die laaste tyd al minder en minder terwyl ek ‘n fortuin betaal om my christavanstaden.com webwerf in die lug te hou. Geld wat my voorheen nie gepla het nie.

Want dit was ‘n fees om WordPress te gebruik om te blog. Tans oorweeg ek ‘n skuif weg, maar dit sou beteken dat ek verskeie blogvriendinne gaan verloor. Daarom sukkel ek maar sukkelend voort.

So hier kom my lys van frustrasies:

Voorheen kon ek paragrawe en prente op en af skuif terwyl ek skryf, nou moet ek uitvee, kopieer en plak.

Voorheen kon ek maklik kommentaar lewer, nou verdwyn die stuurknoppie en tik ek ‘n antwoord vir die molle, dit kan nie in die lug gestuur word nie. Dit lyk dus asof ek net nie reageer nie, want ek tik verniet. Mahala. Frustrerend! Ek klik maar op like, maar kom nie meer gereeld terug nie.

Waar is die stuurknoppie, JetPack?

Wie het besluit dit is ‘n goeie idee om te verander aan goed wat werk? ‘n Narsis wat dit geniet om mense te frustreer? Iemand wat WordPress oorgekoop het om dit te laat doodloop? Of sommer maar net mense met te min kennis om toegelaat te word om aan tegnologiese platforms te peuter?

As ek dus min antwoord, aanvaar maar die like as my kommentaar. Ek kan nie meer nie, ek word te kwaad as ek hierdie lamsakkige JetPack gebruik …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “9 jare by WordPress, 3 of 4 frustrerende jare by Jetpack

  1. Christa, I remain with WordPress and use the Classic mode for I found the Block system far too frustrating for my needs. Mind you, I still use the free version. It is good to hear from you anyway 🙂

    Liked by 1 person

  2. Ai ek verstaan jou frustrasie goed. Ek sien nou selfs hulle het die block editor selfs in die kommentaarafdeling gesit. Ek gebruik maar WordPress se mobiele editor by https://m.wordpress.com of ek gebruik die quick draft editor onder aan die webblad se beheerpaneel. Verder gebruik ek maar die website in plaas van Jetpack.

    Liked by 1 person

  3. Jy is reg, ek sukkel net so met die ding. Het ook terug gegaan na die Classic weergawe.

    Verder gebruik ek ook die gratis werf al bly hulle karring dat ek moet opgradeer. Ek skryf te min, so dit sal my nie betaal op te gradeer nie.

    Hou maar aan skrywe, ons sal bly lees.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.