Dit gaan steeds goed met Shilo. Hy sukkel-stap tot waar ek ookal is om by my te wees. Sukkel, want die senuwee van die linkerbeentjie is aangetas.
Lees voort “Shilo en sy wiele”Etiket: Hondekinders
Ek is BB, die Miniatuur Schnauzertjie
Hierdie plasing vorm deel van die volgende bloguitdaging:
“Die wêreld verander teen ‘n vinnige spoed, ons kleinkinders word met ‘n selfoon en tablet in die hande groot. Hulle draai ‘n kraan oop, kry lopende water, sit ‘n skakelaar aan en daar is elektrisiteit. Sit ‘n TV aan en kyk ‘n storie. En dink selfs oumas is, soos Steve Hofmeyr oor spoke sing, so bietjie dom as ons nie so vinnig met die tegnologie is nie. Maar, daar is baie wat hulle nie weet nie, want ons oumas was ook kinders. En ons kan stories vertel …
‘n Bundel kinderstories uit die pen van die Goue Vroue.
Gideonsbende-kleinkind drink water soos my woefkinders
Ek pas die afgelope paar maande my kleinseun aan seun se kant twee dae per week op. Daarom skryf ek al hoe minder, want ek is ook besig met my akademiese artikels.
Lees voort “Gideonsbende-kleinkind drink water soos my woefkinders”Toe moet ek ‘n tetanus inspuiting kry …
Ons nuwe huisie is in ‘n klompleks, daardie soort waarvan ‘n paar huisies aanmekaar vas is.
Lees voort “Toe moet ek ‘n tetanus inspuiting kry …”‘n Warm huisie vir my woefkinders
Ek dink jy weet teen hierdie tyd hoe lief ek vir my woefkinders is. Dat hulle in Kuruman by my in die kamer geslaap het? Veral omdat ek hulle so gemis het toe ek in Kaz en Kathu gebly het.
Lees voort “‘n Warm huisie vir my woefkinders”Winterbadtyd en die Schnauzers
Vandag kyk ek die drie van my so en besluit dat hulle moet bad. Dit is koud buite, maar warm in die huis vandat ek my fobie oor warm huise en koue buite laat vaar het.
Lees voort “Winterbadtyd en die Schnauzers”