Gepubliseer in Joernaal

Por: Wat is jou middelnaam en beteken dit iets?

So, Jetpack het ‘n nuwe ding ingebring. “Prompts” wat as porre vertaal kan word. Idees vir gesprekke. Ek steur my weinig daaraan, sien dit en ignoreer dit.

Vandag s’n haak egter vas. Wat is jou mideelnaam en wat beteken dit?

Nou ja toe, daar is geen manier waarop ek my middelnaam hier gaan neerpen nie. Jetpack het reeds die meeste van my persoonlike besonderhede by WordPress gekry. Waarom sou hulle my middelnaam wou hê?

Dit is heeltemal te persoonlik. Mens se bank se vrae kan byvoorbeeld vra wat jou middelnaam is. En dan gee ek dit net so op die internet oor.

Ek sal wel gesels oor my name.

Ek het my ouma aan my ma se kant se name gekry. Sy is skaars na my ma se geboorte oorlede en het my pa met ‘n pap babatjie en ‘n 8-jarige seuntjie agtergelaat.

Hy het vir die seuntjie kans gesien, maar nie vir die dogtertjie babatjie nie en my ma laat aanneem. En die aanneemouers was nie goed vir haar nie. Verbeel ek my nou die pa was beter as die ma? Ek sal my ma tog weer so bietjie moet pols.

Op skool het ek nie van my tweede naam gehou nie. Inteendeel, ek was sommer kwaad as die juffrou of meneer my doopname gebruik, want ek was Christa. Net dit. Die res was vir die skool se vorms, niks meer nie.

Hoe ouer ek geword het, hoe meer het ek van my eerste naam gehou. En uiteindelik ook van my tweede naam. My eerste naam het ‘n spesiale band met my Skepper, my tweede naam het ek geen idee wat dit beteken nie. Stel ook nie regtig belang nie, behalwe dat dit my ouma aan moederskant se name was.

My ma het jare later met haar pa en broer verenig. Ek verbeel my so half dat my pa my oupa gebel het en gesê het dat hy moet kom kyk, en as hy nie doen nie, hoef hy nooit weer te kom nie.

Ek kan my oom onthou. Hy was mooi en half anders. Met ‘n mooi maer tannie getroud en hulle het altyd in Lorenzo Marques gaan vakansie hou. Wat is die nuwe naam van die hoofstad van Mosambiek nou, Una?

Ek het in 2018 rond vir die eerste keer my voete in Mosambiek gesit. Mooi see, warm water, mooi vakansie-oord. Ons het toe al so bietjie oefening vir Kazakhstan gekry, want die werkers het Prtugees gepraat en nie ons Engels verstaan nie.

Iedergeval, ek gaan my nie laat por om my name op ‘n skinkbord aan te bied nie. Daarvoor het ek te veel – en te min – kennis oor identiteitsdiefstal.

Julle ken my.

Terloops, ek dink die prentjie is gepas, het iets gesoek oor prompts, en dit is hoe ek gaan voel as kuberdiewe my identiteit steel …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Sleutelwoorde:

19 gedagtes oor “Por: Wat is jou middelnaam en beteken dit iets?

  1. Dis interessant … gister op Radio Algoa (plaaslike radio stasie hier waar ons nou tydelik bly), was dit die presiese vraag: Wat is jou middelste naam en waar kom dit vandaan? Dalk het die aanbieder ook ‘n blog (en verbintenis met Jetpack), die dat sy toe die vraag vir luisteraars gevra het 🤔.
    Ek en my man het albei drie name, maar gebruik nie een van hulle nie … net wanneer daai vorms by Binnelandse Sake of die bank ingevul moet word – en dan is die spasie gewoonlik te klein om al die name in te skryf!

    Liked by 2 people

  2. Ek glo mod aan net 1 naam. Genadiglik het my ouers my net 1 gegee
    Wel twee nane met n koppelteken in die middel, maar die twee word saam as ern naam uitgespreek. Due eerste derl us ek vernoem na my ma en oumafrootjie.bek is onseker of die tweede deel enige familieherkoms het. My kinders het al 3 net 1 gewone naam, geen snaakse nuwe woordskeppings of kombinasies nie. En tog is al 3 vernoem na my ma en na my, sowel as na my man en my pa

    Liked by 1 person

  3. Appeltjie is reg, Christa, dis Maputo. Una is my noemnaam, Johanna Christina my geboortename. Na my ouma aan moederskant vernoem. Op skool het ek my name verwens, vandag pla dit hoegenaamd nie meer nie.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.