Urban Coffee Almaty

Ek skryf so nou en dan oor die plekke in Almaty waar ons eet. Dan neem ek foto’s van manlief, die kos en moet hy verpligtend ‘n foto van my neem. Want anders is ek die onsigbare metgesel. Agter die kamera. Nooit op foto’s asof ek ook daar was nie. In Almaty verseg ek om … Lees voort Urban Coffee Almaty

Ek en RSG en alternatiewe vir melk

Ek het klaar verduidelik dat ek stilte om my nodig het om te funksioneer. Daarom het ek eers verlede week die vreugde van Airpods ontdek. En as ek nie nou in my spoor begin trap nie, gaan ek een van die dae permanent met die goedjies in die ore rondloop. Want manlief het die Radio … Lees voort Ek en RSG en alternatiewe vir melk

So, wat dink die Qazaqs van ons koeksisters?

Manlief is vanoggend met die bak koeksisters waarvan ek gister vertel het werk toe. En kom al glimlaggend vanmiddag vir middagete tuis. Met die leë bak in die hand. Hulle het baie daarvan gehou, vertel hy. Die mans en die dames. En dit het hom beïndruk, want nie almal het dankie gesê toe hy vir … Lees voort So, wat dink die Qazaqs van ons koeksisters?

As manlief koeksisters belowe …

Ek was op universiteit gek oor koeksisters. Was van 1979 tot 1981 in Madeliefkoshuis by Tukkies. En ek is werklik dankbaar dat die Universiteit van Pretoria Madelief se naam laat bly staan het. Want in my tyd het ons Madelief se kleuterjare gevier. Sy het drie en vier en vyf geword en elkeen daarvan het … Lees voort As manlief koeksisters belowe …

Julle verkrag die vleis …

Ons wou vandag weer wors maak. En daarom moes ons eers mark toe om die vleis te koop. Ons het weer ingestap en ver om die rye tafels beweeg. As jy te naby kyk, los hulle jou nie en ons verstaan hulle nie. By die eerste tafel kyk manlief die vleis so, kyk vir die … Lees voort Julle verkrag die vleis …

Ons eie wors in Qazaqstan

Ek het al vertel dat my pa eers 'n blokman was en later sy eie slaghuise besit het. Ek het ook vertel dat ons basies in slaghuise grootgeword het. Want ons kinders is nooit alleen gelos nie. Waar my ouers was, daar was ons. Ek het nie vertel dat my pa later jare 'n slagkamer … Lees voort Ons eie wors in Qazaqstan

Beperking op gewig van tasse na Qazaqstan

Ons is mos op 2 Maart 2019 met ons vier groot tasse (32 kg elk, Lufthansa besigheidsklas), vier klein tasse (8 kg elk) en my handsak na Qazaqstan om vir drie jaar hier te kom woon en werk. Hierdie 40 kg per persoon beperking was egter nie genoeg om alles wat ons hier gaan mis, … Lees voort Beperking op gewig van tasse na Qazaqstan

‘n Geëerde gas wil ek nie in Qazaqstan wees nie

Ek het nie fitterig oor kos grootgeword nie. Ek kon self opskep, maar, die kos wat ek opgeskep het, moes ek opeet. Dit het, as ek reg onthou, met my pa se grootwordjare te doen gehad. My pa vertel 'n storie van kinders wat nie spinasie wou eet nie. En toe huilend vir hulle ma … Lees voort ‘n Geëerde gas wil ek nie in Qazaqstan wees nie