Hierdie ware verhaal het ‘n kinkel in die kabel, dit vorm deel van ‘n bloguitdaging:
Lees voort “Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen”
Hierdie ware verhaal het ‘n kinkel in die kabel, dit vorm deel van ‘n bloguitdaging:
Lees voort “Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen”
Hierdie een vorm ook deel van die Wat As? bloguitdaging van Woordnoot. Dag 2.
***
Wat as daar nie WhatsApp groepe was nie? Dan het ek nie nou gesien hoe my blogvriendinne se oë rek oor wat ek volgende gaan skryf nie. Ek wou daaroor skryf. Regtig. Ek wou. Want dan het ek nog salig onder ‘n wanindruk verkeer. Maar, dan het ek ook die afgelope maand se lief gemis. Die herstelproses misgeloop. Hoe arm sou ek nie gewees het nie?
Wat as Una my nie genooi het om by die towerinne, wat ook as die Goue Vroue bekend staan, aan te sluit nie? Die tweede naam is vir ons WhatsApp groep. Daar gesels ons met mekaar op die voornaam. Towerinne is ons skywersgroepnaam as ons saam skryf en in die blogwêreld kuier. Daar gebruik sommige van ons skuilname as ons skryf. Die naam is deur Positief voorgestel en eenparig aanvaar. Elkeen van ons het, volgens haar, iets gouds aan ons. (Ek moet myne nog net gaan soek …). Hoop dit is nie klatergoud nie … Ierdergeval, as ek nie deel van die towerinne geword het nie, het ek nie ‘n enkele verbeeldingsvlug op my blog geskryf nie. Hoe arm sou ek nie gewees het nie?
Wat as ek nie aan die blogvervolgverhale saam met Una, Toortsie, Seegogga, Woordnoot, Sunelle, Appeltjie, Aalsie, Virgo, Scrapy, Bondels en nog ‘n paar vrouens geskryf het nie? Dan het ek ook nie hulle wonderlike verbeeldingsvlugte gelees nie. Maar, my oook nie verlustig in die kommentaar wat op myne volg nie. Ook nie vir Welgevonden op Rebusfontein gehad nie. Hoe arm sou ek nie gewees het nie?
Wat as Rebusfontein nie skielik bedreig was nie? Dan het hy waarskynlik ‘n stadige dood gesterf. Want ons het al minder vervolgverhale geskryf wat daar afspeel. Dan was daar ook nie soveel bloguitdagings soos wat op die oomblik aan die gang is nie. Hoe arm sou ek nie gewees het nie.
Wat as ek geloop het toe ek wou? Dan sou ek nie nou deel van die Goue Vroue gewees het nie. Ek sou dalk ook soos oningeligtes gedink het dat die groep dames wraggies baie van hulleself dink. Heeltemal te veel. Klatergoud. Omdat ek hulle nie regtig geken het nie. Dan sou ek soveel armer gewees het.
Wat as ek nie ‘n tweede groep gestig het waar ons oor die probleem kon praat nie? Dan het die oorspronklike groep dalk net ‘n stadige dood gesterf. Omdat almal op eiers moes loop as hulle nie uitgegooi wou word nie. So kon ons gemaklik teruggaan na die ander groep. Dan het ek ook nie geweet wie my warm vriendinne is nie. Hoe arm sou ek nie dan gewees het nie.
Wat as Appeltjie en Aalsie so groot geskrik het soos ek. En sommer dadelik die hasepad gekies het. Sou ek nie hulle verbeeldingsvlugte kon lees nie. Want hulle sou dalk sommer uit die blogwêreld ook pad gegee het. Soms wen mens vriende, soms verloor jy kennisse. Vriende wil ek nie verloor nie. Hoe arm sou ek nie dan gewees het nie.
Wat as ek nie deel van die Goue Vroue WhatsApp-groep was nie? Dit sē soveel meer as die vorige naam. Dan het ek nie nou opgewonde gestres oor die volgende bloguitdaging nie … Want ek sou nie daarvan geweet het nie. Ek is goed vir ‘n ses geslaan. Gaan die keer moet uithaal en wys, op plekke gaan soek waar ek nog nie baie gaan krap het nie … om deel te kan neem. Maar, is dit nie waaroor die lewe gaan nie? Om myself te oortuig dat dit wel tussen my ore kan gebeur … Dankie daarvoor …
Foto: Foto van ‘n ruiker wat vriendin op my verjaarsdag gebring het. Wens ek het die foto Maandag al geneem, maar die blomme is steeds pragtig.
Die Goue Vroue het weerens ‘n bloguitdaging gestel: Deel jou kalenderfoto vir jou verjaarsdagmaand en ‘n resep vir die kookkunsklasse wat ons op Rebusfontein moes aanbied.
Lees voort “Kalenderfoto vir Augustusmaand en resep vir Kazakhgeïnspireerde kersfeesrooibostee”
Vandag herinner my iPad my aan hierdie foto wat ek in die eerste week van Maart 2020 geneem het toe ons weer ‘n keer na Shumbulak ski-oord in Almaty gegaan het om die wonderlike sneeulandskap te beleef.
Lees voort “Sneeubedekte hange by Shumbulak, Almaty”Hierdie foto is in Junie 2019 in die Zhastar park in Ust-kamenogorsk (Öskemen) in Kazakhstan geneem. En dit laat my elke keer daaraan dink dat dit goed sou wees as ek maar soos die natuur kan wees.
Lees voort “As ek maar soos die natuur kon wees …”Ek sien lesers geniet my vertellinge oor ons lewe in Kazakhstan, daarom gaan ek gereeld foto’s plaas wat aan daardie lewe herinner.
Lees voort “Bessies met wolmussies in Ust”