Ek is 'n Apple aanhanger. Fanatikus dalk? Maar dan die goeie soort fanatikus. Hoop ek. Want Apple produkte integreer net so maklik met mekaar. Manlief het 'n Apple op universiteit gehad. Staanrekenaar. Mens, was dit 'n gemors van kabels? Sulke lang, dun, breë plat goed wat net nie netjies wou lyk nie. Soos Steve sing … Lees voort Hallo Siri!
Maand: Desember 2019
Tradisioneel? Ekke?
Webjoernaalvriendin Una skryf gister oor tradisies wat oorgedra is. Sy weet van vyf wat by haar oorgedra is van geslag tot geslag. En sy meen sy pluk. Una, ek gaan jou voorbeeld volg en kyk of ek by tien kan uitkom. Maar ek moet waarsku, ek is tradisioneel, maar oop vir veranderinge. As iets nie … Lees voort Tradisioneel? Ekke?
Sneeu in Ust-Kamenogorsk
Ek was vreeslik opgewonde om die eerste sneeu in Ust'-Kamenogorsk te sien. Die sneeu kom op twee maniere hier aan. Óf soos 'n bleekwit aaneenlopende wolk. Wat hoog bo die stad kom hang. Sodat mens die stad en sy liggies mooi teen 'n nagblou hemel kan sien. Dan sak die wasigheid af en af en … Lees voort Sneeu in Ust-Kamenogorsk
Handgeskrewe briewe, uitgestorwe lekkerte
Scrapy vra die week dat ons oor briewe skryf. Die handgeskrewe soort. Wat nie meer geskryf word nie, want ons stuur e-posse en teksboodskappe en vertel ons stories op sosiale netwerk platforms. In my leeftyd het ek egter heelwat ontvang. En geskryf. Want ek was verlief en verlore toe daar nog nie iets soos selfone … Lees voort Handgeskrewe briewe, uitgestorwe lekkerte
Is ek die ewige reisiger?
Ek is gevra om 'n artikel te skryf oor die lewe hier in Qazaqstan. Vir een van die vrouetydskrifte. Een van die vrae was of ek 'n reisiger is. Is ek? Ek sou myself nie as die ewige reisiger beskryf nie. Ek het 'n vriendin wat net gelukkig is as sy ander lande kan besoek. … Lees voort Is ek die ewige reisiger?
Die blou van onthou
My vingers is seer, kla as ek tik. Dus wip ek my en begin dink wat ek kan doen om die dae om te kry. Ek het 'n nuutjie op Netwerk 24 ontdek verlede maand. Luisterboeke. Ek het verlede maand na Riana Scheepers se Stormkind geluister. Lekker kort hoofstukke, skaars vyf minute op 'n slag. … Lees voort Die blou van onthou
Qazaqs: ‘n Facebook-lose nasie
Ons woon sedert Maart 2019 in Qazaqstan. Qazaqstan is die 9de grootste land in die wêreld. Meet meer as 3 000 km van oos na wes, en meer as 1 000 km van noord na suid. 'n Land met geen oseaan nie, grens wel aan 'n see. Die grootste binnelandse land. Alhoewel die land so … Lees voort Qazaqs: ‘n Facebook-lose nasie
Eskom steeds probleem
Op 7 Desember 2014 het ek 'n inskrywing op Facebook gemaak, oor Eskom. Daardie tyd was ek ongelooflik vies vir die kragreus wat in 'n kragmuis verander het. Ek was besig om die kurrikulum vir Instructional Techniques and Multimedia in Adult Education (INTMAEU), 'n module wat deur Unisa aangebied word, te verander. En het op … Lees voort Eskom steeds probleem
Eindig woord op d of t?
Ons taal is 'n taal wat kinders kan verwar. Veral wanneer letters soortgelyk kan klink maar anders gespel word. Die Russe het 'n ander plan. Hulle spel woorde met die regte letter en dan word kinders geleer watter letters sagter maatjies het sodat hulle die woorde reg uitspreek. Julle sal nogal verras wees om te … Lees voort Eindig woord op d of t?
As juffrou speurder speel
Ek het lank oorweeg of ek die storie moet vertel. Of nie. Ek gaan vertel, maar sommige detail nie deel nie. Maar laat ek eers meer oor selfone vertel. Die afgelope paar jaar word almal se fone groter en groter. Baie van my vriendinne het die iPhone Plus. Ek bly by kleiner. Al sou my … Lees voort As juffrou speurder speel