Ek het, toe ek die blog begin het, ‘n gemaklike uitleg of tema gekies. Of dalk sommer net vinnig een gekies wat by my behoeftes pas.
Lees voort “‘n Nuwe blaadjie vir my blog …”Maand: April 2021
My Shilo Schnauzer is nie meer Shy-lo nie …
Ek het al vertel dat ek Rogz harnasse vir my woefkinders gekoop het. En dat dit my ‘n arm en ‘n been gekos het. Maar die harnasse is pragtig pragtig en beslis duursaam. Die knippe het selfs ingeboude slotjies en natuurlik ‘n handvatsel soos ‘n tas.
Kaalvoetkind bied aan om Schnauzers op te pas
Die afgelope ruk is daar opgeskote seuns wat op fietse by ons huis verby ry. Soms net enetjie met baie dik glase in sy bril. ‘n Regte klein wilde wragtig. Loop oral sonder skoene en die pad is besonder warm hier in Kuruman, met klippe en slaggate voor ons huis, vra maar vir my.
Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer
Ek het hier in die Noord-Kaap ‘n nuwe ding ontdek – Carmién Rooibostee. Dit is blykbaar nie nuut nie, Toortsie het op ‘n vorige skrywe van my kommentaar gelewer dat dit haar gunsteling tee is.
Lees voort “Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer”
Saamgestelde foto-uitdaging #2
Ek gesels verlede week oor wat ek in iemand se wolk foto sien en raak aan die gesels met een van die mense wat kommentaar gelewer het – Andrew Blair het die volgende te vertelle gehad:
Foto-storie #11
Hierdie foto – wat my iPad vir my gekies het – herinner my aan ons lewe in Kazakhstan. Gisteraand sit ons en kuier met nuwe vriende in Kuruman – en ons vertel van die stryd om iets te bestel wat ons kan eet.