Na ‘n lang slaap, is ek uitgerus en gereed om my blogvriendinne op Rebusfontein te ontmoet. Gister was ek uitgeput, poegaai, moeg tot die dood toe, of so iets. Nommer 17 was net die regte doepa vir my. En nou sit ek met die dilemma, hoe gaan ek die Goue Vroue hier by Rebusfontein kry?
Lees voort “Uitgerus in Rebusfontein”Etiket: Rebusfontein
Afpak by Rebusfontein
En hier staan ek vir die eerste keer in ‘n baie, baie lang tyd op die stoep van my yurt by Rebusfontein. Toe ek die plekkie opgerig het, het ek nog in Kazakhstan gewoon. Of was ek dalk net-net terug in Suid-Afrika? Ek kan nie nou onthou nie, sal moet gaan soek wanneer ek die yurt gebou het.
Lees voort “Afpak by Rebusfontein”Kersfees tyd, geskenke en wense
Dit is weer tyd vir kersfees. ‘n Tyd wat my altyd na aan die hart lê, die liggies, geskenkies, die feestelike stemming.
Lees voort “Kersfees tyd, geskenke en wense”Hoe het ek ‘n towerin geword?
Ek gaan nou eers moet bieg, op een of ander manier het ek hierdie uitdaging misgelees, misgekyk. Om te vertel hoe ek een geword het. Gelukkig lees ek my maats se blogs en het ek dit wel raak gelees. Ter verdediging mag ek dalk noem dat ons pak. En dit laat my kop oral probeer vastrapplek kry. Hier kom my verhaal.
Lees voort “Hoe het ek ‘n towerin geword?”Die VVVTT vat ons vir kuier op Rebusfontein
Scrapy vertel die week van haar woef wat nierstene het en ek vra hoe weet mens. Nog voor sy kan antwoord, bel seun met die nuus.
My BB moet Maandag vir ‘n operasie gaan. Sy het nierstene ontwikkel. En ek is regtig so dankbaar sy bly by seun en skoondogter, ek wonder of ek sou agtergekom het dat sy so baie piepie. My arme kindjie, sy moet seker vreeslik pyn verduur. Maar kla sal sy nooit nie kla nie. My prinsessie tussen al die manne op die erf.
Ek is deur ‘n virus vasgavang in Qazaqstan. En ek moes dringend by die huis kom. Dus het ek die noodsein uitgestuur, ek moet dringend by die huis uitkom. Iemand moes die V(Vlieënde)V(irus)V(lugtende)T(owerin)T(ent) stuur om my te kom haal.
Ek misbruik darem nie die geleentheid om die VVVTT te gebruik nie, want een van my towerinmaats het die week in Rebusfontein aangekom. En ek moet daar aangaan om met my towerinmaats te gesels.
Dus het ek vir Toortsie ‘n boodskap gestuur. Moenie oor afstof of vuil komkommer nie, stuur asseblief die VVVT, ek moet dringend huis toe gaan.
Toortsie het nie op haar laat wag nie, toe ek weer sien, hang die tent voor die venster van ons woonstel in Almaty. Wat opo die veertiende vloer van ‘n wolkekrabber is.
Ek het gou geloer, maar manlief was soos gewoonlik besig met sy foon, ek wou nie pla nie. Kan vanaand boodskap stuur, hy sal verstaan. Dalk selfs bly wees dat hy bietjie alleen kan wees. My BB is siek en ek moet daar wees om haar handjie, ek bedoel pootjie, vas te hou.
Dus wip ek sonder om te groet of te dink op die vensterbank en by die venster uit. In die tent in. Want ek dink liewe Toortsie weet nie dat ek doodbang vir hoogtes is nie.
En ek word verras. Om my staan die towerinne wat tyd kon maak om saam te kom. Letty-Ann, Appeltjie, Seegogga, Frannie, Una, Positief, Woordnoot en Sonell. Toortsie is agter die beheerpaneel, sy verander vinnig die buitekant van die tent dat dit soos ‘n wolk lyk. Ons wil nie in die moeilikheid kom nie, ons is heeltemal te veel vrouens by mekaar. En weg is ons. Terwyl die towerinne babbel oor die mooi land waarin ek bly.
Watse groot wiel is op die berg agter jou? wil Seegogga weet. Ja, beaam Una, daar is ‘n groen kenteken waarop Kok Tobe staan.

Kok Tobe is ‘n aantrekkingskrag met restaurante en mens kan allerhande snuisterye daar koop. Mens kan met ‘n bus teen ‘n kronkelpaadjie opgaan, met jou eie motor opry, of jy kan met die kabelkarretjies opgaan.
Snuisterye? wil Woordnoot weet. Soos Russiese poppies? Jy wil so graag een kry wat uit 5 poppies bestaan.
Ek grou in my sak en haal die twee poppies uit. Wel, Woordnoot, jy moet enetjie kies. En sy het geskiedenis hoor, sy is Vrydagaand bo-op die berg by Kok Tobe gekoop.
Ons is die middag op die berg, sal ander dag meer van die plek vertel. En ek wys so paar foto’s om hulle vir daardie bloginskrywing in die toekoms lus te maak.

Sonell, Una, Positief, Letty-Ann, Frannie en Appeltjie kyk egter nie na die foto’s nie. Hulle weet mos ek sal weet vertel. Hulle staan by die vensters en vergaap hulle aan die berg agter Almaty. Wat Qazaqstan van Krygystan en Sjina skei.

Toortsie vat die pad oor Dubai en Afrika, dat ons darem ook aarde. kan sien en nie net see nie. En toe ons weer sien, land ons op Rebusfontein.
Dit is nag en almal is na hulle huisies, Frannie na haar Toringhuisie wat so pas ‘n naam gekry het.
Ons moet slaap, want Seegogga het ons oorgenooi om daar te kuier. En dit gaan ‘n lang, uitgerekte kuier wees. Al die towerinne is mos nou so saam met my in die VVVTT. Ons gaan ‘n hond uit ‘n bos kuier. Want Frannie en ek het lekker ver gekom vir ‘n goeie kuier.
Dan gaan ek al die bestanddele saamvat om hulle te leer om tee te drink soos ons dit hier in Qazaqstan leer drink het. Ek het onthou om heel gemmer en lemoene en suurlemoene en verskeie pakkies tee saam te vat. Ek sien so uit om hulle te leer dat tee baie, baie lekker is.
Die vinnige trek na nr 17 Towerinstraat, Rebusfontein
Hierdie bloginskrywing wyk van my ander af en vorm deel van ‘n prettige kammawêreld in die blogwêreld waarin mens uitgedaag word om oor iets spesifieks ‘n eier te lê, met ‘n kink. Ek het, en hierdie is my eerste opdrag, om my alterego of ander persona aan die res van die inwoners van die towerdorp bekend te stel, op so ‘n wyse dat ek hulle by die vertelling betrek.
‘n Opdrag wat amper soos ‘n navorsingsartikel gevoel het, want ek moes veel erger kophou om hulle so vinnig te leer ken. Hier gaan ekke in die vreemde vaarwaters in.
Lees voort “Die vinnige trek na nr 17 Towerinstraat, Rebusfontein”