Hoofstuk 7. Die maer koningin begin onthou …

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke … Lees voort Hoofstuk 7. Die maer koningin begin onthou …

Die VVVTT vat ons vir kuier op Rebusfontein

Scrapy vertel die week van haar woef wat nierstene het en ek vra hoe weet mens. Nog voor sy kan antwoord, bel seun met die nuus. My BB moet Maandag vir ‘n operasie gaan. Sy het nierstene ontwikkel. En ek is regtig so dankbaar sy bly by seun en skoondogter, ek wonder of ek sou … Lees voort Die VVVTT vat ons vir kuier op Rebusfontein

Om dringend die regte medisyne in Almaty te koop as jy nie Russies kan praat nie

Ons bly nou twee maande in Almaty. En almal wil weet hoe dit is. Manlief se hoof en sy vrou ook. Ek sê dan maar net dat ek nog nie kan sê nie, ek is te kort in die stad. En ek mis Ust’-Kamenogorsk ala Öskemen nog te veel om ‘n oordeel te kan maak. … Lees voort Om dringend die regte medisyne in Almaty te koop as jy nie Russies kan praat nie

Ons kuier by Coffee Boom in Forum winkelsentrum

Ek het al genoem dat ons van Coffee Boom hou. Ook dat ons die een by Dostyk Mall al verskeie kere besoek het. Wel - dit was vandag ons derde besoek aan Coffee Boom by die Forum Mall. En ek is so effens geïrriteerd dat ons buite moet sit. Want die son is nie vriendelik … Lees voort Ons kuier by Coffee Boom in Forum winkelsentrum

As jy die swakplekke van die huisies langs joune ken

Ek lees nou die oggend Una se stuk oor die twee afgebrande huise langs hulle. En dat een van die huise met laslappiewerk reggemaak word. Eerder as om af te breek en oor te bou. En dit laat my toe dink aan die huis wat in ons estate langs ons huis gebou is. Die erf … Lees voort As jy die swakplekke van die huisies langs joune ken

Die ontleding van sosiogramme om die ontwikkeling van positiewe interafhanklikheid op klasvlak te ondersoek

Daar is elke keer 'n groot opgewondenheid in my as LitNet Akademies my werk publiseer. Dit is 'n vinnige, professionele proses en ek is met albei kante van die proses vertroud. As eweknie-evalueerder kry ek gereeld werk om te evalueer vir publikasie-doeleindes. Die grootste lekker daaraan verbonde is om so te weet wat tans brandpunte … Lees voort Die ontleding van sosiogramme om die ontwikkeling van positiewe interafhanklikheid op klasvlak te ondersoek

Wildberries se aanlyninkopies in Qazaqstan is maklik

Mia vertel my al so lankal van Wildberries. ‘n Baie groot aanlynwinkel in Qazaqstan. Waar jy enige iets kan koop - van sekere kos tot klere tot toestelle. Ek gaan juis vandag my hidrometer afhaal. Om hierdie droë lug te toets. Dit werk baie anders as ander aanlynwinkels, hulle het in die meeste stede klein … Lees voort Wildberries se aanlyninkopies in Qazaqstan is maklik

Resep vir aartappelgereg in Almaty

My skoondogter kan ‘n lekker aartappelgereg maak. So lekker dat manlief gereeld hoop dat ek dit ook kan doen. Maar wat is nou lekker daaraan om dit so goed soos sy te kan doen? Dan geniet hy die kos mos nie so baie soos wanneer ons by seun en haar eet nie. Maar hy probeer … Lees voort Resep vir aartappelgereg in Almaty

Wat as ons ‘n ander woonstel gekies het …

Laaste wat as bloguitdagingskryfstuk. Wat as ons nie hierdie woonstel gekies het nie? Dan sou ek in ‘n berg vasgekyk het. Pragtige berg, wat ek steeds van die stoep op die vloer kan gaan bewonder. Maar ek sou nie gesien het hoe vliegtuie in die verte aankom en oor my horison beweeg om te gaan … Lees voort Wat as ons ‘n ander woonstel gekies het …

Wat as daar nie virtuele vriende was nie?

Hierdie een vorm ook deel van die Wat As? bloguitdaging van Woordnoot. Dag 2. *** Wat as daar nie WhatsApp groepe was nie? Dan het ek nie nou gesien hoe my blogvriendinne se oë rek oor wat ek volgende gaan skryf nie. Ek wou daaroor skryf. Regtig. Ek wou. Want dan het ek nog salig … Lees voort Wat as daar nie virtuele vriende was nie?