Gepubliseer in Joernaal

Spaarvarkie (Marnus van Staden)

Nog ‘n gedig uit die pen van my seun. Ek geniet dit hoe hy met woorde speel, maar veral hoe hy net kan sit en skryf, die woorde vloei vir hom net reg uit.

*****

Die nuwe Fortnite skin lyk epic 

en ek moet dit net kry. 

Maar my sakgeld het klaar sweets gekoop, 

toe bring mamma ʼn spaarvarkie vir my. 

Die varkie is dolleeg. 

Ek kan die see hoor deur die geleuf. 

Ek sal nooit die skin kan koop 

al spaar ek so lank ek leef. 

Dis nou maande later van getrou spaar, 

minstens ‘n tiende van elke loon. 

Dit was moeilik in die begin, 

maar ek is dit nou gewoond. 

Nou kan ek bekostig net wat ek wil. 

Ek besef ek het op niks uitgemis, 

want daar sal altyd iets nuut wees. 

En so het ek geleer wat vryheid is. 

***

ChatGPT-4o, ek gaan hierdie een interessanter wil maak, meer kreatief.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Spaarvarkie (Marnus van Staden)

        1. Die Departement van Basiese Onderwys is baie bekommerd oor die gehalte van die leerders se leesvermoëns, veral die beperkte woordeskat. Die moderator van die spesifieke bloemlesings het geen probleem gehad nie. Inteendeel, sy is opgewonde oor die wye verskeidenheid wat ons ingesluit het. Die woorde word as nuwe woordeskat uitgelig. Dit is nie ‘n selfleesboek nie, dit is ‘n voorleesboek.

          Like

          1. Aha, klink goed, veral omdat die woorde in nuwe woordeskat gesit word vir latere gebruik. Ek’t heelwat jare skool gehou vir graad dries. Hul is baie oop vir voorlees en gesels oor inhoud. Gee my sommer lus om weer te kan doen. Dankie vir jou moeite. Klink of dit goed gaan wees.

            Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.