As die mense op straat op jou afloop

Ek het al vertel dat die mense van Ust regtig ongeskik op straat is. Maak nie saak watter kant van die paadjie ek loop nie, hulle kom op my afgeloop. Met geen aanduiding dat hulle van plan is om om die iets wat soos 'n mens lyk (daai is nou ekke) te loop nie. Inteendeel, … Lees voort As die mense op straat op jou afloop

Loutere plesier as ek en statistiek mekaar vind

Wiskunde was my gunsteling vak op skool. En ek sien op my laerskool rapporte wat so met die groot trek uit ons huis raakgepak is dat ek bykans altyd 100% daarvoor gekry het. En toe los ek dit in graad 9 om saam met my beste vriendin in die klas te wees. Skaam ekke wat … Lees voort Loutere plesier as ek en statistiek mekaar vind

Oeps, probleme met problema in Qazaqstan

Ek moet vanoggend eers vertel van die probleem met die woord problema. Want ek het al vertel dat ons met die gebruik van dié ou woordjie probleme met die verkeerspolisie in twee dorpe kon oplos, naamlik in ons dorp en in Shemonaigha. Ons verstaan mekaar nie omdat hulle nie Engels of Afrikaans magtig is nie … Lees voort Oeps, probleme met problema in Qazaqstan

Slim motors vang hulle base in Qazaqstan

Eergisteraand kom manlief tuis, Dusty wil nie met haar spesiale afstandbeheerder (groot ding op foto) sluit nie. Hy moes haar maar met die sleutel sluit, want die afstandbeheerder van die motor wat in die sleutel ingebou is. werk nie. Dit is gedeaktiveer in die guns van die ander een. Al sit dit nog mooi op … Lees voort Slim motors vang hulle base in Qazaqstan

Opwindende verskeidenheid tee in Qazaqstan

Ek het al so in die loop van 'n joernaalinskrywing vertel dat die lekkerste tee hier in Qazaqstan beskikbaar is. Maar ek wil tog een spesifiek aan die tee wat hier beskikbaar is, wy. Om aan te vul soos my versameling groei. As jy nie van tee hou nie, dink ek ek gaan jou inspireer … Lees voort Opwindende verskeidenheid tee in Qazaqstan

Om ‘n Afrikaans vakonderwyser te wees

Ek, wat nie daarvan gehou het om Afrikaans te leer nie, het, vir my straf, bykans my hele onderwysloopbaan Afrikaans as vak aangebied. Eerste Taal, Tweede Taal, na 1994 bekend as Huistaal en Eerste Addisionele Taal. En Immigrant-Afrikaans. In my tyd het immigrante drie jaar grasie gekry, dan moes hulle die vak deurkom. Groot druk … Lees voort Om ‘n Afrikaans vakonderwyser te wees

So, wat doen manlief in Qazaqstan?

Gedigte Wat Dink, een van my vriendinne in die bloggemeenskap vra gister vir my om ietsie te skryf oor wat manlief in Qazaqstan maak. Ek praat baie oor hom, maar het nog nie my hand daaraan gewaag nie. Ek is nie seker of dit sy goedkeuring gaan wegdra nie. Hy lees nie my blogs nie. … Lees voort So, wat doen manlief in Qazaqstan?

Na vier maande in Qazaqstan gaan ek baie goed mis as ek huis toe gaan

Na vier maande in Qazaqstan is daar reeds 'n paar goed wat ek baie gaan mis wanneer ons teruggaan. 'n Paar daarvan sal ek so stuk-stuk terugneem, om daar te geniet tot dit klaar is. Ander sal net in my herinneringe wees. Tee. Hulle het die lekkerste verskeidenheid. Myne bestaan al uit 20 soorte, en … Lees voort Na vier maande in Qazaqstan gaan ek baie goed mis as ek huis toe gaan

Thermie se groen breinkrag

Toe ek my Thermomix twee jaar gelede gekoop het, wou die baie irriterende verkoopsvrou 'n Cookkey aan my verkoop. Ek wou niks weet nie. Sy het my reeds R18 000 uit die sak gejaag, vir 'n masjien wat op die oog as baie eenvoudig lyk. En die cookkey het R2000 gekos. Resepteboeke word in ronde … Lees voort Thermie se groen breinkrag

Uitsig vanuit ons woonstel in Ust-Kamenogorsk

Ons het aanvanklik in 'n baie moderne woonstel ingetrek. Ruim en mooi. Met een toegeboude stoep, by die hoofslaapkamer. Dit kon nie in die winter gebruik word nie, was kouer as 'n yskas! En dié stoepe word hoofsaaklik as pakkamer gebruik! Ek moet by my vensters kan staan en uitkyk. By die vensters waar mens … Lees voort Uitsig vanuit ons woonstel in Ust-Kamenogorsk