Om een of ander duistere rede weier Facebook dat ek die skakel na begaafdekind.com met julel deel. Daarom skryf ek nou ‘n artikel op my persoonlike webwerf om dit so met julle te deel. Dit is een van die redes waarom ek sedert Januarie so min op Facebook is – die tegnologie is besig om op grond van sommetjies te besluit wat mens mag sien – en wat nie. Ewenwel, dan deel ek die inligting nou so met ouers en onderwysers.
Lees voort “Bekendstelling van Begaafdekind.com”Kategorie: Skoolwerk
‘n Opstel-juffrou se frustrasie …
Vanoggend lees ek blogvriendin Scrapy se inskrywing oor frustrasie. Dinge wat haar frustreer.
Ouers, nou is die tyd om halt te roep
Die Covid-19 pandemie het ‘n slegte impak op skole. Nie alleen is skole gesluit nie, maar baie onderwysers sit sonder werk omdat hulle kontrakte het.
WOW, kleinseun kan spel!
Kleintyd het ek al geweet dat ons oudste kleinkind, ‘n seuntjie, ‘n talent vir taal het. ‘n Aanleg. ‘n Bewuswees van taalmonstruksie. Ver bo sy ouderdom.
Oulike planne om Wiskunde speel-speel aan te leer
‘n Hele aantal webwerwe deel idees oor hoe somme speel-speel gedoen kan word. Ek gesels vandag oor twee wat my aandag getrek het.
Lees voort “Oulike planne om Wiskunde speel-speel aan te leer”
Android toeps vir leerders wat probleme met lees en skryf ervaar
Die Universiteit van Edinburgh, Skotland, het in 2015 ‘n visuele dokument (android-apps-for-learners-with-dyslexia) geskep waarin verskeie toeps, wat gebruik kan word om kinders wat lees- en skryfprobleme ervaar te help, voorgestel word.
Lees voort “Android toeps vir leerders wat probleme met lees en skryf ervaar”