Hierdie foto sal my altyd herinner aan een van die bekommerdste tye van my lewe – die tyd toe manlief in Kazakhstan wou gaan werk.
Etiket: ust’-Kamenogorsk
Foto-storie #4
Hierdie foto herinner my aan een van die eerste naweke in Kazakhstan toe ons na die inperkings uit ons woonstelle kon gaan.
Maggi sakkies in Qazaqstan
Goed, ek weet. Agteros kom ook in die kraal. Wens ek het dit in Suid-Afrika leer gebruik, dan hoef ek nie so te gesukkel het om die Russies te ontsyfer om te verstaan hoe dit werk nie.
Lees voort “Maggi sakkies in Qazaqstan”Toe val ek sowaar na bykans jaar is Qazaqstan
Ek was so versigtig, regtig. Oë op die grond, klein treetjies. Beide voete nooit in die lug. Een altyd veilig op die grond. Effens vooroorgeboë as ek stap.
Oë soekend na ‘n gladde kol tussen die sneeu op die paadjies. Daar was baie “oe!” oomblikke as een voet gly. Omdat ek steeds staande was.
Gister is ons saam met ons Russiese vriende na ‘n vakansie-oord. Elena het daar aan ‘n brain bar quiz deelgeneem. En Sergei was nie lus om alleen rond te drentel nie.
En toe is ek aan die gesels saam met manlief en ons Russiese vriend. Ingedagte terwyl die twee gesels.
Giggel elke keer geskok as een van die twee gly en balans hou. Bly dat ek kyk waar ek loop. Om my stap almal gly-gly aan.
Ek stap op hulle spoor dat ek kan sien waar dit glad is. En kyk die gladde kol in die koelte langs ‘n kar mis.
Voor ek kon sê “oe” was my voete onder my uit. En die galante Rus dadelik by om my op te help.
Ek verleë, maar self kon ek nie op. En met een hand kon hy nie help want my voete bly gly. Oulik hoe hy ophelp.
Beide my hande in syne. Met ‘n voet wat keer dat ek verder gly. My ego was gekneus, maar die dik jas het gekeer dat ‘n arm of heup vanoggend seer is. En ek het op beide geval.
O ja, die skoon sneeu het ook die verleentheid verberg. Dus het net ons drie geweet dat ek geval het. En wat sê hy?
Nou is ek amptelik in ‘n Rus, ek het my eerste val gehad. Manlief is dus lankal een. Verlede jaar die tyd en so maand gelede ook geval.
Hoe was dit?
Ek het die dag so gevrees, maar ek kan nogal eerlik sê dat die Here engele gestuur het om te help. Die val was sag. Die ego is ook nie te veel gekneus nie.
Inteendeel. Ek het dalk geen keuse gehad nie. Ek sien ons het gister meer as 13 000 treë geloop. Daarmee het ek die noodlot getart!
Ek sal in aparte artikel van die uitstappie self vertel. Het gister wel genoem dat hulle die strooi pop Maslenita daar ook gebrand het. Om winter te verjaag.
Met mooi foto van haar. Die foto bo is van haar gesig.
Dit was ‘n wonderlike Sondaguitstappie.
Dokters, doktore en aptekers in Qazaqstan
Qazaqstan het interessante maniere van dinge doen. Een daarvan betrek dokters, doktore en aptekers.
Lees voort “Dokters, doktore en aptekers in Qazaqstan”Ek en RSG en alternatiewe vir melk
Ek het klaar verduidelik dat ek stilte om my nodig het om te funksioneer. Daarom het ek eers verlede week die vreugde van Airpods ontdek. En as ek nie nou in my spoor begin trap nie, gaan ek een van die dae permanent met die goedjies in die ore rondloop.
Lees voort “Ek en RSG en alternatiewe vir melk”