Stel jou hart op papier en gooi dit dan weg.

Ek was op ‘n dag verby kwaad vir my skoolhoof. Onregverdigheid het my nog nooit aangestaan nie en sy onregverdigheid het alle perke van redelikheid oorskrei. So laat ek eers die storie vertel. Die skool se eerste rugby-, eerste meisies hokkie- en eerste netbalspanne het ‘n tradisie gehad om Maartvakansie op toer te gaan. En … Lees voort Stel jou hart op papier en gooi dit dan weg.

Om aan te stuur, of nie …

Vandat die SARS-CoV-2 virus in Sjina ontstaan het, word ek gebombardeer met grappe en spotprente en spottende teks oor die virus wat vinnig oor die grense van Sjina na ander dele van die wêreld versprei het. Aanvanklik was dit net langs ons, ons deel 'n baie lang grens met Sjina. Dus was dit die afgelope … Lees voort Om aan te stuur, of nie …

Handgeskrewe briewe, uitgestorwe lekkerte

Scrapy vra die week dat ons oor briewe skryf. Die handgeskrewe soort. Wat nie meer geskryf word nie, want ons stuur e-posse en teksboodskappe en vertel ons stories op sosiale netwerk platforms. In my leeftyd het ek egter heelwat ontvang. En geskryf. Want ek was verlief en verlore toe daar nog nie iets soos selfone … Lees voort Handgeskrewe briewe, uitgestorwe lekkerte

Kersgety langs die Vaalrivier

Eendag was daar 'n pappa, 'n mamma en drie klein seuntjies. En 'n ouma en oupa. En 'n oom en 'n tannie en 'n nefie wat op pad is. Ek moes die storie so begin, met eendag. Die storie oor kersgety waarin Vuurvliegie verwag dat ek 'n aantal woorde, wat in vetgedruk aangedui word, gebruik … Lees voort Kersgety langs die Vaalrivier

Drie begrafnisse wat ‘n lewenslange indruk gelaat het

Begrafnisse is vir my hartseersake. Selfs al moet ek gaan omdat my man die mense geken het, nie ek nie. Ons het seker baie begrafnisse bygewoon toe ek klein was. Maar ek kan eerder die troues onthou. Ek het baie nefies en baie niggies gehad en die meeste is ouer as ek. Dus het ons … Lees voort Drie begrafnisse wat ‘n lewenslange indruk gelaat het

As plaasdiere eers name het …

Ek lees gister 'n bloginskrywing van 'n blogvriendin. En haar hartseer omdat haar baas 'n geliefde koei ter slagting stuur. Een waarvoor sy 'n naam gekies het. En wat sy ontdek het dat die koei se baas ook vir haar 'n naam gehad het. En dit het heimweë na my eie kinderjare gevat. *** Ons … Lees voort As plaasdiere eers name het …

Ek sien uit na rus op Rebusfontein

Hierdie inskrywing is anders as my normale inskrywings. Dit vorm deel van die towerinne se verbeeldingstogte na 'n denkbeeldige dorp in die Karoo, Rebusfontein. Lees dus met 'n knippie sout. *** Gisteroggend land Una se boodskap in my posbus. Sy is op 'n gekleurde bus met 'n meernindeur. Op pad Rebusfontein toe. En sy wil … Lees voort Ek sien uit na rus op Rebusfontein

Ek is ‘n vroeggebore milleniër …

Ek kyk laas week na Tydelik Terminaal. Wat 'n pragtige reeks. En toe sê een van die jong mense: Ek kan dit self doen, want ek is 'n milleniër. Nou ja toe! Ek het dit nie verwag nie. Ons koppel milleniërs, die troetelnaam vir diegene wat in die 21ste eeu leer leer, aan tegnologie en … Lees voort Ek is ‘n vroeggebore milleniër …

My kinders se sêgoed

Ek lees gister Kameel, een van my blogvriende, het haar kinders se sêgoed neergeskryf. Genade tog, ek wens ek het. Want mens vergeet baie van die oulike goed waarmee hulle vorendag gekom het. 'n Paar daarvan steek tog in mens se kop vas. Daarom gaan ek dit sommer nou vaspen! Dollatjie was nog baie klein … Lees voort My kinders se sêgoed

Die wonder van ‘n nuwe lewetjie

Jare gelede, toe ek met my dogter swanger was, het die dokter een sonar gedoen om te kyk of alles reg is. En nie weer nie. Toe was daar nie iets soos 4-dimensionele sonars nie. Alhoewel ek gesukkel het om te sien wat die dokter sien, was ek klaar verlief op die babatjie wat op … Lees voort Die wonder van ‘n nuwe lewetjie