Ons was Maandag 41 jaar getroud. En so stuur die kinders die een na die ander boodskappies om geluk te wens.
Lees voort “Kleinkindpret: Nope ek gaan dit nie sê nie”Etiket: kleinkinders
En skielik is die stemmetjie vir lang tydperke nie hier nie …
En ek mis hom baie …. sy stemmetjie, sy maniertjies, sy menswees. Kleinseun was die afgelope jaar en ‘n half nie net ‘n intense deel van drie dae van my daaglikse bestaan nie. Hy was ook die afgelope vakansie vir twee weke lank elke dag deel van my vakansie.
Lees voort “En skielik is die stemmetjie vir lang tydperke nie hier nie …”Kleinkindpret: Koppie 90 grade gebuig
Ons jongste se seuntjie het die vakansie sy ander drie nefies soort van vir die eerste keer ontmoet. Soort van omdat hy te klein was om te onthou toe hulle weggetrek het.
Lees voort “Kleinkindpret: Koppie 90 grade gebuig”Empatie van ‘n 2-jarige?
Ek weet ek skryf dit gereeld, maar hierdie tweejarige kleinkind van my het die empatie van ‘n grootmens. En … ek moet dit ook beter beskryf, want ek ken werklik min grootmense wat empaties is.
Lees voort “Empatie van ‘n 2-jarige?”Kleinkind, ek en tuinslakke
O my goeiste, as daar een ding is wat vir my baie grillerig is, is dit ‘n tuinslak. Vir my is die enigste goeie tuinslak ‘n dooie een.
Lees voort “Kleinkind, ek en tuinslakke”Kleinkindpret? Skrik ek my koud
Gister gaan my 2-jarige kleinkind in die gaste toilet in. En maak die deur toe.
Lees voort “Kleinkindpret? Skrik ek my koud”