Daar is sedert die oorskakeling na inklussiewe onderwys min navorsing in Afrikaans oor die begaafde kind gedoen. Daar is ook min navorsing oor begaafde onderpresteerders gedoen.
Die doel van die projek is om ‘n webblad te skep waar onderwysers, ouers en selfs kinders meer oor die begaafde kind kan leer, maar ook saam kan praat om die behoeftes van begaafde kinders te verstaan.
Skakel na die webblad, beskikbaar by https://begaafdekind.com.
As jy belangstel om deel te neem aan die projek, kontak my gerus by dr.cj.vanstaden@gmail.com.
Goeie môre, DR Marlene Veldsman het my dogter getoets, haar toetse het daarop gedui dat sy n “superior intellect” het.
Elrike my dogter is 12 jaar oud.
Moet ons haar na n spesiale skool toe stuur om haar te kan help?
LikeLiked by 1 person
Mens sou graag wou, maar daar is slegs twee Engelse skole vir begaafe leerders waarvan ek weet. Ek wou dus nie aanraai om haar daarheen te stuur nie. Hoe presteer sy, hoe lyk haar punte? Ewe goed in alle vakke? Beide my kinders was in gewone hoërskole, waar hulle saam met vriende sport kon doen. En Voortrekkers en ander buitemuurse bedrywighede. Ek sou eerder aanraai dat ju uitvind waarin sy baie belang stel en vir haar geleenthede skep om haar taal en uitdrukkingsvermoëns te ontwikkel. Laat sy lees, maar kies boeke waarvan sy sal hou. Anders word dit ‘n straf en nie ‘n manier om haar te stimuleer nie. En laat haar toe om haar vriende te help om werk te verstaan. Terwyl sy dit vir hulle verduidelik, leer sy ook waarom hulle sukkel. En dit ontwikkel haar eie denkvermoëns.
LikeLike
Jy kan gerus e-pos stuur na dr.cj.vanstaden@gmail.com
LikeLike