Gepubliseer in Tegnologie

Facebook bal weereens sy vuis vir WhatsApp-gebruikers

Facebook het so pas ‘n tweede ultimatum vir WhatsApp-gebruikers gestel. Anders as die vorige een, waarin WhatsApp-gebruikers verplig is om toestemming te gee dat hulle data met Facebook gedeel word, word hulle die keer verplig om hulle fone op te gradeer of op te dateer om na 1 November 2021 steeds die geselstoep te gebruik.

Lees voort “Facebook bal weereens sy vuis vir WhatsApp-gebruikers”
Gepubliseer in Joernaal,Tegnologie

Hoe veilig is WhatsApp?

Mark Zuckerberg het WhatsApp vir ‘n aardige bedrag gekoop, ek lees vandag dat dit hom $55 dollar per gebruiker gekos het. In 2016. Sedertdien probeer hy om mense se WhatsApp inligting te bekom. Uiteindelik het Brian Acton, die een ontwikkelaar van WhatsApp uit sy posisie by Gacebook bedank. Het selfs $50 miljoen in die ontwikkeling van Signal gestoot. Omdat hy weet wat Facebook met persoonlike inligting wil doen?

Lees voort “Hoe veilig is WhatsApp?”