Ons het so twee jaar lank aan bergfietswedrenne deelgeneem – 2009 tot iewers in 2010. Ons dogter en haar man het dit begin en ons genooi om ook fietse te koop. Ek het laas as skoolkind fiets gery, ek was doodbenoud, maar het besluit om dié bul tog by die horings te pak en ‘n Merida aangeskaf.
Maand: Desember 2017
Ons Duitse herdershonde veroorsaak chaos in straat
Ons het altyd ‘n Duitse herdershond gehad – om ons te beskerm. En dié woefe het gereeld chaos in die staat veroorsaak. Veral as iemand dit sou waag om in die straat te wees as ons by die hek stop om in te kom. Enk dink sommer nou aan twee gevalle.
Lees voort “Ons Duitse herdershonde veroorsaak chaos in straat”
Kleinkindpret by Sun City
Lief my kleinkindseuntjies baie!
Gister wil ek so bietjie op die Lazy River by Sun City se opblaasbande ry, maar sien nie kans om dit alleen dit alleen aan te pak nie. Dollatjie se oudste en middelste speel te lekker by die glybane en wil nie saam nie. Toe beraam ek maar ‘n plan.
Ek, Sun City en my kinders se 30ste verjaarsdae
Ek sal my twee kinders se 30ste verjaarsdae nooit vergeet nie. Nie net omdat hulle my kinders is nie, maar ook omdat beide by Sun City gevier is en beide my hart amper laat gaan staan het weens die teenwoordigheid van ‘n aap of ‘n bobbejaan wat dit te naby na my smaak aan my gewaag het.
Lees voort “Ek, Sun City en my kinders se 30ste verjaarsdae”
A learning-oriented framework for eportfolios
Die volgende artikel is in ‘n internasionale vaktydskrif gepubliseer. Ek het op die redaksie van die tydskrif gedien. ‘n Heerlike ervaring.