Ek dink ek kan met ‘n eerlike hart sê dat ek moeg getrek is. Die afgelope drie jaar het ek elf keer getrek. En ons trek weer …
Lees voort “Ek is moeg getrek … en daar kom nog”Etiket: Kuruman
My hart pyn …
My hart pyn … Moet ek dit oorvertel? Gaan jy my glo? Ek is werklik ongelukkig. Dalk moet ek dit net uit my gestel skryf? Dit is mos my persoonlike blog. Nou wonder jy seker waarom my hart pyn? Laat ek dan vertel …
Lees voort “My hart pyn …”Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …
Ek het al vertel dat mens vleis in Kazakhstan baie anders as in Suid-Afrika koop. Jy koop dit by die mark – Fresh Market – direk van die boere af. Daar is afdelings vir bees, skaap, hoender en perd – en in sommige van die markte is ook afgesonderde hokkies vir vark – hulle is Moslems, maar baie eet wel varkvleis.
Lees voort “Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …”As die son lui raak, is dit koud in die Kalahari
Is dit nie ‘n deeglike beskrywing van my lewe hier in die Kalahari nie. En ek kan natuurlik nie help om die ooreenkomste en verskille tussen my K-lande, streke en dorpe raak te sien nie. Hulle het een ding gemeen, as die son lui raak, is dit KOUD!
Lees voort “As die son lui raak, is dit koud in die Kalahari”Grappige karwas stories …
Ek het nou die dag so lekker gelag toe ek blogvriendin Una se karwas storie lees dat ek lus is om saam te gesels. Dankie, Una.
Lees voort “Grappige karwas stories …”Seegroen-blou is my spesiale kleur
Tourmaline vra in verlede week dat mens “turkuoise-blue” foto’s deel. Ek het toe my een gedeel oor die seegroen-blou kleurfront in Valsbaai wat ek uit die lug kon afneem. Dit is egter ‘n spesiale kleur wat uitstaan as ek deur my foto’s blaai.
Lees voort “Seegroen-blou is my spesiale kleur”