Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal,Resepte

Tuisgemaakte framboos vrugtesap: Thermomix

Hier in Ust’-Kamenogorsk koop ons bevrore vrugte soos wat mens bevore groente in Suid-Afrika koop. In 1 kg of 5 kg pakke. Ek koop gereeld om die lekkerste ‘smoothies’ te maak as ons saans vir iets lekkers lus is. Thermie verander dit in ‘n japtrap in ‘n ysige lekkerte, wat ons in die somer of winter drink, want dit is mos warm ons huise ongeag die seisoen van die jaar.

Lees voort “Tuisgemaakte framboos vrugtesap: Thermomix”

Gepubliseer in Reisjoernaal,Resepte

Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix

Gister het ek vertel van sago-poeding en dit het my teruggevat na my kinderjare. My ma het ons s’n met applekooskonfyt gemaak. Ek kan nou nie presies onthou hoe die resep gewerk het nie, maar ek het skielik lus gekry om appelkooskonfyt te maak.

Lees voort “Tuisgemaakte appelkooskonfyt in Qazaqstan – Thermomix”