Ek het so week gelede geskryf dat ek die skakel na hierdie artikel sal deel sodra die artikel gepubliseer is. En ook die naam van die artikel weerhou …
Lees voort “Vyftiende artikel gepubliseer – net ‘n genade”Etiket: telegram
Facebook bal weereens sy vuis vir WhatsApp-gebruikers
Facebook het so pas ‘n tweede ultimatum vir WhatsApp-gebruikers gestel. Anders as die vorige een, waarin WhatsApp-gebruikers verplig is om toestemming te gee dat hulle data met Facebook gedeel word, word hulle die keer verplig om hulle fone op te gradeer of op te dateer om na 1 November 2021 steeds die geselstoep te gebruik.
Lees voort “Facebook bal weereens sy vuis vir WhatsApp-gebruikers”Telegram vergemaklik skuif vanaf WhatsApp
Telegram bied nou ‘n uitweg vir almal wat vanaf WhatsApp wil wegskuif, maar die gesprekke steeds lewend wil hou.
Radio OFM het na Telegram geskuif
Die naweek ry ons terug Gauteng toe en luister radio OFM. Wat ‘n verrassing om te vind dat ‘n hele radiostasie net so woerts weg van WhatsApp geskuif het na Telegram.
Telegram kan nie my enigste toep wees nie
Ek is besig om Telegram vir leerdoeleindes te toets en ek moet sê dat ek beïndruk is met die funksies wat beskikbaar is. Ek kan net dink hoe dit gebruik kan word om my lewe baie, baie makliker te maak. Ek is besig om ‘n artikel daaroor te skryf.