Telegram kan nie my enigste toep wees nie

Ek is besig om Telegram vir leerdoeleindes te toets en ek moet sê dat ek beïndruk is met die funksies wat beskikbaar is. Ek kan net dink hoe dit gebruik kan word om my lewe baie, baie makliker te maak. Ek is besig om 'n artikel daaroor te skryf. Maar daar rooi ligte. Daarom sal … Lees voort Telegram kan nie my enigste toep wees nie

Hoe veilig is WhatsApp?

My navorsing gaan hoofsaaklik oor hoe tegnologie gebruik kan word om leer te bevorder. Omdat WhatsApp die in-toep in Suid-Afrika was, het ek dit gebruik om my studente te begelei tydens die samestelling van e-portefeuljes in afstandonderwys. In 2014-2015. Ek wou nie, want dan het die studente my persoonlike telefoonnommer. Toe gebruik ek maar 'n … Lees voort Hoe veilig is WhatsApp?

Wie lees my Afrikaanse blogs?

Ek voel al 'n geruime tydjie om hierdie vraag te vra, want ek kyk so na die statistiek wat WordPress gee. Verwag om Suid-Afrika op die kaart te sien, net Suid-Afrika. En dan is lande wêreldwyd pienk gemerk om aan te dui dat my werk oor die grense van die land gevlieg het. En dit … Lees voort Wie lees my Afrikaanse blogs?

Kathu – die warm dorp?

Ek lê bykans elke oggend en luister na die reën op die sinkdak van die afdak voor ons woonstel in Kathu. 'n Warm dorp? Ek het dit nog nie so beleef nie. Toe ons besluit het om 'n rukkie in Kathu te kom bly terwyl manlief aan 'n projek werk, was die eerste kommentaar van … Lees voort Kathu – die warm dorp?

Iets nuuts in 2020 tydens grendeltyd

Bloguitdaging: Scrapy vra dat ons skryf oor iets nuuts wat ons in 2020 leer doen het. *** Die jaar 2020 het goed afgeskop, ons het in Januarie eers van Suid-Afrika af teruggekeer na Kazakhstan toe. En ons liefdestenks was weer vol. Ons het lank en lekker by ons kinders gekuier. Ons het ons huis sommer … Lees voort Iets nuuts in 2020 tydens grendeltyd

Die emmerskoplysies …

Die Goue Vroue het lanklaas 'n vervolgverhaal geskryf, die laaste een was hulle weergawe van Alice in Wonderland. Tans kuier hulle in Rebusfontein, waar daar vrede en rustigheid is. Want die pandemie het al weer spanning veroorsaak, die moontlikheid bestaan dat nog een van hulle die virus eerstehands ontmoet het. Drie van die vroue het … Lees voort Die emmerskoplysies …

Hot-As-Hell … Hotazel

Hotazel is 'n piepklein dorpie in Noord-Kaap, so 60 km van Kuruman af. Om daar te kom, moet mens deur Kuruman ry, nie die N14 verder vat na Kathu se kant toe nie. Hotazel kry sy naam van hot as hell. Ek het nog nie regtig agtergekom dat dit hier in die Noord-Kaap so warm … Lees voort Hot-As-Hell … Hotazel

Boekresensie: Branderjaer

Branderjaer deur Joha van Dyk speel af in die Wes-Kaapse stranddorp Stormbaai. Dit vertel die liefdesverhaal van Louw Swanepoel, seun uit die onderdorp en Deidre Anker, rykmansdogter. Deidre het Louw en sy vier maats aanvanklik verfoei omdat hulle gevaarlike goed gedoen het om aandag te trek. Soos om van kranse af te spring en video's … Lees voort Boekresensie: Branderjaer

Kathu – ‘n dorpie in die Noord-Kaap

Ek het nog nie regtig vertel nie, dus doen ek dit eers voordat ek meer oor my nuwe omtes kan vertel. So kom manlief in November by my aan, hy het 'n kort kontrak gekry om in Hotazel te gaan werk. Hoe voel ek daaroor. Al wat ek van Hotazel geweet het, is dat die … Lees voort Kathu – ‘n dorpie in die Noord-Kaap

So – ek is nie ‘n mens nie?

Ek beskou myself nog altyd as 'n mens. 'n Mense-mens. Jy weet, een van daardie wat altyd tyd sal maak vir 'n geselsie met ander. Een wat verhoudings belangriker ag as enige ander vorm van kapitaal. Sosiale kapitaal bring my ver. So word my liefdestenk vol gemaak want ek weet gewoonlik waar ek kan help. … Lees voort So – ek is nie ‘n mens nie?