Vyfde jaar as blogger & Hansie en Grietjie

Verlede week kry ek hierdie wapen en boodskap van WordPress. Gelukkige 5de jaar by ons. Hou aan blog. En ek wonder, kan dit al vyf jaar wees? Maar dit is. Ek het aan die begin gemeen dat ek ‘n blog vir elke onderwerp moet begin. Dus het ek, toe ek in September 2015 ‘n kort … Lees voort Vyfde jaar as blogger & Hansie en Grietjie

Ek en my hemelhoë skoene …

Scrapy vra die ander dag dat ons oor skoene skryf, dus is hierdie weer deel van ‘n bloguitdaging. Ek het op universiteit nêrens gegaan sonder my hemelhoë polvye nie. En moes baie mooi vanaf Madelief na die kampus stap om nie my enkels te breek as ek in ‘n gat op die sypaadjie of die … Lees voort Ek en my hemelhoë skoene …

My eerste haarsny in Kazakhstan

Ek wou nog nie my hare in Kazakhstan sny nie. Hoe gaan ek vir die vrou vertel wat ek wil hê? Hoe gaan ek beduie hoe lank dit waar moet wees? Ek het al vertel dat ek selfde uit ‘n haarsalon stap en met my hare tevrede is. Dit lyk wel mooi as ek uitstap, … Lees voort My eerste haarsny in Kazakhstan

Om die bus te vat in Almaty

Ons moes bank toe, maar Dusty is mos verkoop. En manlief hou nie van taxi’s nie. Ek moet half saamstem. Taxi’s moet weens die parke, die president se woning, en eenrigtingstrate draaie ry om by die plek te kom waar ons wil wees. Dusty moes ook. Busse is maklik. En daar is gereeld busse, op … Lees voort Om die bus te vat in Almaty

Karma is haar naam

Interessant hoe die twee stoute goed in ons lewens vrouename gekry het. Tropiese siklone en die idee dat wat ek aan ander doen soos ‘n boemerang na my gaan terugkom. Goed of sleg. Toe ek op skool was, het ek geleer dat die verwoestende storms bekend as tropiese siklone vrouename kry. Op die alfabet af, … Lees voort Karma is haar naam

Urban Coffee Almaty

Ek skryf so nou en dan oor die plekke in Almaty waar ons eet. Dan neem ek foto’s van manlief, die kos en moet hy verpligtend ‘n foto van my neem. Want anders is ek die onsigbare metgesel. Agter die kamera. Nooit op foto’s asof ek ook daar was nie. In Almaty verseg ek om … Lees voort Urban Coffee Almaty

En so kry Dusty haar wit nommerplate …

Ons het van die begin af geweet dat Dusty ‘n Russiese dame is, dat sy hier gaan moet agterbly as ons huis toe gaan. Ons het haar hier in Almaty gekoop en ek het van die proses vertel om haar op ons naam te kry. En ons het geweet dat dieselfde proses op ons wag … Lees voort En so kry Dusty haar wit nommerplate …

Die kamers van my hart

Soms laat ek myself inkatrol, om gelei te word deur die voorstelle vir bloginskrywings. Hierdie een is dus deel van so ‘n uitdaging. Scrapy se uitdaging. Om oor kamers te skryf. *** Scrapy vra dat ons oor kamers skryf. En ek dink ek wil dit simbolies maak, die kamers van my hart. My hart het … Lees voort Die kamers van my hart

Middagete by McDonalds in Almaty

Onlangs sien ons dat Almaty ‘n McDonalds het. En ‘n dag later is ons lus vir McDonalds vir middagete. Met Dusty by ons is dit maklik, 10 minute se ry daarheen, 20 minute vir bestel en nog tien terug, dan eet ons sommer by die huis. Oor etenstyd. Wat ‘n lekker uitstappie was dit nie? … Lees voort Middagete by McDonalds in Almaty

‘n Ode aan spesiale vriendskappe tydens my verblyf in Kazakhstan

Ons gaan oor bietjie meer of minder as drie weke huis toe. En ek voel vandag lus om hulde aan ‘n paar vriendskappe te bring. Vriende wat ek hier in die vreemde ontmoet het, mense wat altyd ‘n plekkie in my hart sal hou. Ons het in hierdie land baie spesiale vriendskappe gesmee. Ek is … Lees voort ‘n Ode aan spesiale vriendskappe tydens my verblyf in Kazakhstan