Drie van my hart se vier punte – wat net deur kleinkinders gemaak kan word – het na die Wes-Kaap verhuis. Toe ek en manlief die virus onder lede gehad het, in Kuruman moes bly en nie kon groet voor hulle die lang pad aangedurf het nie. En dit het ‘n kuier in die Wes-Kaap vereis, want ek moes my kleinseuntjies sien.
Lees voort “Ouma se hart se puntjies in die Wes-Kaap”Maand: September 2021
Van 6 tot 18 in een maand … my yster
Ek het vertel dat my ystervlakke in my bloed laag gemeet het. Toe wou ek nie die getal neerskryf nie, want dit was baie, baie laag – aldus my verpleegster suster.
Lees voort “Van 6 tot 18 in een maand … my yster”Bloedstollende oomblikke as ek kleinseun oppas
Gister middag bel skoondogter, kan ma asseblief gou na kleinseun kom kyk, ek moet ingaan werk toe. Sy werk al sedert die eerste inperkings van die huis af, kleinseun is een gelukkige kind. Daarom kan die inperkings vir hierdie ouma-hart maar vir altyd aanhou.
Lees voort “Bloedstollende oomblikke as ek kleinseun oppas”Kindervervoer in Almaty, Kazakhstan
Ek het al soveel keer oor drie dinge gesels wat vir my in Kazakhstan uitgestaan het. Veiligheid, gehoorsaamheid en dat mens oral heen stap. Hierdie foto waaraan my iPad my vandag herinner is in Julie 2020 in Almaty, Kazakhstan geneem.
Lees voort “Kindervervoer in Almaty, Kazakhstan”Oupa se hare is klaar …
In die week vra skoondogter of ek kleinseun sal oppas, sy moet haar ma in die hospitaal gaan besoek. Ek is natuurlik dadelik gereed, ek dink almal weet hoe hartseer ek was toe ek hom eers kon sien toe hy sewe maande oud was.
Lees voort “Oupa se hare is klaar …”CVSjoernaal.com is my blog se nuwe naam
Moenie skrik nie, jy is steeds by my blog. Ek het mos vertel dat ek besluit het om my persoonlike joernaal van my aanlyn CV te skei.
Lees voort “CVSjoernaal.com is my blog se nuwe naam”