Gepubliseer in Tegnologie

Maak onbekende nommers stil op iPhone

Ek is seker een van die mense wat my die meeste vererg vir oproepe vanaf inbelsentra. As ek eers op my voorname genoem word, is ek witwarm.

En as daar nie gehoor word dat ek nie belangstel nie, is ek sommer baie ongeskik. Die ding is, dit is my nuwe jaar voorneme, of eintlik al van voor kersfees af, om glad nie te vloek nie. Nie minder nie, maar glad nie. En dit kry ek baie goed reg, totdat ‘n inbelsentrum persoon my bel en nie wil verstaan dat ek nie belangstel nie.

En as ‘n masjien eers met my praat, is ek nog vieser, ek kan nie eens my frustrasies uithaal nie …

So, wat het ek al tot my skande gedoen?

Russies gepraat, die min woorde wat ek ken. Maar hulle ken dit ook nie. Ya ne panemajo, wat beteken ek verstaan jou nie. Dit help gewoonlik, maar nie altyd nie.

Blaas ‘n fluitjie in die gehoorstuk. Die ding is, my eie ore en die arme foon sukkel met die massiewe lawaai …

Sit foon onder ‘n pot en slaan met lepe op die pot. Help nogal, maar is ook een massiewe lawaai, wat ook ander se aandag trek …

Vertel ‘n storie dat ek so dankbaar is dat die persoon paaiemente namens my gaan betaal. Hulle lag en sit dan neer.

Vra waar my inligting gekry word, om te hoor dit is binne die Poppie wet om my inligting te bekom. O né? Ek moet maande lank deur hoepels spring om alles reg te hê om etiese klaring te kry om mense te kontak. En dan kan hulle nee sê. Hulle kry dit sommer net so – sonder my toestemming. Kontak my al vra ek dat my inligting van stelsel verwyder word.

Antwoord die foon, en as ek gevra word of ek XXXX is, vra ek net: “Wt soek jy?” Wel, vandag sê die een aan die ander kant net: “Jô” en plak die foon neer, wat my gemoed net verder versuur.

Blok elke liewe keer as ek ‘n inbelentrumoproep kry. Dit help nie, hulle het duisende nommers lyk dit my. En my foon word vol van geblokte nommers.

Rapporteer help nie, ek is seker almal is in die adverteerders se sakke. Ek betaal vir my foon en oproepe en data, om vertoring te word!

…………

Toe onthou ek dat ek my WhatsApp foon reeds so gestel het dat onbekende nommers nie lui nie, bloot na die voice mail gaan. Waar MTN hulle verder stilmaak met: “Jy hoef nie boodskap te los nie, MTN sal die persoon laat weet dat jy gebel het.” Ek vind dit irriterend as ek mense bel, nou is ek MTN en geniet ek dit. Ek bel eerder terug as om vertoring te word. Sien, ek het toe nie ‘n sterker woord gebruik nie.

Ek weet nie hoe dit op ander fone werk nie, maar hier is die stappe om van hierdie bellers ontslae te raak:

Ouer iOS (voor 18)

  1. Gaan na settings
  2. Gaan af na Phone en klik daarop
  3. Blaai af na Silence Unknown Callers en klik daarop.
  4. Skakel aan.

Op nuwe iOS (18)

  1. Gaan na settings
  2. Gaan na APPS en klik daarop
  3. Gaan na Phone en klik daarop
  4. Gaan na “Silnece Unknown Callers” en klik daarop.
  5. Skakel aan.

Dit is die wonderlikste instelling!

As onbekende nommers bel, lui die foon een keer en dan is dit weg. Die oproep is dan onder “missed calls”. Geen boodskappe in my stemposbus, geen inbellers wat my siel vertoring. Geen kwaad word. Ek is wel soms bekommerd dat ek ‘n belangrike oproep gaan mis.

Dit word maklik opgelos as ek die maatskappy/mens se nommer op my foon berg. Dan is dit nie ‘n onbekende nommer nie.

Ek wil amper soos die aanbieder van Kyk Wie Praat aanmoedig. Doen dit! Probeer dit! My lewe is een heerlike lied. As my foon lui, is dit iemand waarmee ek ook wil praat, of wat ek ten minste ken.

Ek kan asem haal.

Ek kan ontspan.

Ek kan weer myself wees.

Dankie tog!

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “Maak onbekende nommers stil op iPhone

  1. Baie dankie vir hierdie skrywe, Doktor Christa. Glo my hierdie is ‘n daaglikse frustrasie vir my persoonlik en op my kantoortelefoon. Op my eie telefoon is dit nog makliker om dit te vermy deur hulle bloot nie te antwoord nie. Op kantoor is dit egter moeiliker om hulle te vermy en dan moet mens maar mooi verduidelik dat ons nie telebemarkingsoproepe mag neem nie. Dan wil hulle nog steeds weet wanneer is dan ‘n beter tyd om terug te skakel. Ai tog. Ek sal moet gaan kyk of daar ‘n alternatief op Android is vir jou oulike Iphone instelling.

    Like

    1. Baie dankie, daar behoort te wees. My lewe is ‘n lied, ek kry geen oproepe van spammers nie. Niks. Dit is ook asof hulle dit weet, want die missed calls wat ek dan sien, raak ook minder en minder. Ek sal bietjie kyk of ek kan uitvind hoe om op android te doen.

      Like

    2. Ek kry dit, dalk help dit?
      To send unknown numbers to voicemail on a Samsung Android phone, you can:
      Open the Phone app
      Tap the three dots for more options
      Tap Settings
      Tap Caller ID & Spam
      Toggle on Turn Caller ID & Spam
      Turn on Filter spam calls or Block spam and scam calls
      Tap Block numbers
      Switch on Block unknown/hidden numbers

      Like

      1. Baie dankie, Dr. Christa. My selfone gebruik Android Go. Ek kon wel die opsie kry om oproepe te blok indien dit vermoedelik spam is, maar ongelukkig nie onbekende nommers nie. Dis maar een van die mindere nadele van Android Go, die ligter weergawe van die gewone Android vir goedkoper fone met beperkte ram. Baie dankie vir jou moeite, ek waardeer dit opreg en geniet jou artikels altyd baie.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.