Om 38 jaar getroud te wees …

Vandag is ek en manlief 38 jaar getroud. Hierdie foto is ‘n hele paar jaar gelede geneem, ek skat 7-8 jaar gelede. Want ons oudste kleinseun was toe ons enigste kleinseun. Agt en dertig jaar gelede het ons in die Hervormde moedergemeente, Ermelo, beloof om vir altyd vir mekaar daar te wees, of dit nou … Lees voort Om 38 jaar getroud te wees …

Die hart se padkaart na sorgelose kinderdae

My blogvriendin Una se plasing oor ‘n plekkie in haar verlede wat sy nog net met die hart se padkaart kan vind, het my hart dadelik aan die werk laat spring. Om ‘n padkaart te bied na die plaashuis waar ek tot einde standerd 4 (nou graad 6) grootgeword het. Sedert 2005 ry ons gereeld … Lees voort Die hart se padkaart na sorgelose kinderdae

Tradisioneel? Ekke?

Webjoernaalvriendin Una skryf gister oor tradisies wat oorgedra is. Sy weet van vyf wat by haar oorgedra is van geslag tot geslag. En sy meen sy pluk. Una, ek gaan jou voorbeeld volg en kyk of ek by tien kan uitkom. Maar ek moet waarsku, ek is tradisioneel, maar oop vir veranderinge. As iets nie … Lees voort Tradisioneel? Ekke?

Kersgety langs die Vaalrivier

Eendag was daar 'n pappa, 'n mamma en drie klein seuntjies. En 'n ouma en oupa. En 'n oom en 'n tannie en 'n nefie wat op pad is. Ek moes die storie so begin, met eendag. Die storie oor kersgety waarin Vuurvliegie verwag dat ek 'n aantal woorde, wat in vetgedruk aangedui word, gebruik … Lees voort Kersgety langs die Vaalrivier

Die wonder van ‘n nuwe lewetjie

Jare gelede, toe ek met my dogter swanger was, het die dokter een sonar gedoen om te kyk of alles reg is. En nie weer nie. Toe was daar nie iets soos 4-dimensionele sonars nie. Alhoewel ek gesukkel het om te sien wat die dokter sien, was ek klaar verlief op die babatjie wat op … Lees voort Die wonder van ‘n nuwe lewetjie