Ek kyk so na foto’s van sneeu in Suid-Afrika, Julie 2024. Die meeste van die foto’s is vanuit huise of motors geneem. En dan bring dit heimwee na Kazakhstan en ons ervaring van sneeu.
Lees voort “Suid-Afrika se sneeu bring heimwee na Kazakhstan se sneeu”Kategorie: Reisjoernaal
Die Kazakhs leef geloof …
Die meeste van die Kazakhs is Moslems, maar daar is ook Christene in die land. Tog leef hierdie mense geloof.
Die land is vanaf Oktober tot Maart onder ‘n sneeukombers gebêre. Spierwit en baie dik. Soms tot na Maart, maar in Maart word ‘n strooipop met die naam Maslitsa aan die brand gesteek in elke dorp – om vir die winter voertsek te sê, want dit is darem nou regtig tyd vir lente.
Dit is dan steeds koud, die sneeu smelt en vries en smelt op die paaie en loopvlakke om swartsneeu te vorm. Dit lyk soos hobbels in die pad, lyk soos teer, maar behoede die een wat hom vergis. Want jou voete woerts onder jou uit – en jy land met een slag op die hobbels. Ek het absoluut seker gemaak dat ek swart sneeu deeglik vermy.
Maar, ek wil eintlik vertel oor geloof. Wanneer die sneeu smelt is die blombeddings wat onder die sneeu was die ene modder. En dan vind mens vrouens gehurk langs die beddens. Met bokse vol blomme wat geplant moet word.

En as jy weer sien, is die strate een fees van blomme.
Blomme wat in Oktober weer onder die sneeu begrawe word. Sodat hulle volgende jaar weer moet plant.
Hierdie geloof dat die blomme gaan groei het my elke keer verwonderd gelaat. Want dit is in Maart steeds ysig, jy loop dan met Kiway baadjies – wat ons hier in die winter dra. Die plante gee egter nie om nie, hulle is dankbaar oor die ysige grond waarin hulle geplant word. Grond wat nog nie water nodig het nie, daar is genoeg in die aarde.
Dit word Maart tot Junie stelselmatig warmer tot mens klere sonder moue in die somer kan dra. Somer strek so van Junie tot Augustus, dus is Junie nog koud. En dan word dit stelselmatig kouer en kouer tot subzero’s in Oktober bereik word.
As ek iets moet mis, is dit hierdie nie omgee dat die nuwe blomme in Oktober weer onder ‘n sneeukombers begrawe gaan word nie. Die liefde vir mooimaak, die mooimaak van strate in die dorpies en stede, maar hoofsaaklik in die stede mis ek ook.
Die gehuggies se mense sukkel om kop bo water te hou, selfs hulle tuine sukkel. Maar, almal plant weer blomme.
Ek verbeel my Suid-Afrika was eens op ‘n tyd so …
Sneeu aan Wes-Rand …
Ek was Maandag0ggend skoon jaloers toe manlief laat weet dit sneeu by sy kantoor aan die Wes-Rand. Dit is mos onregverdig, is dit nie? Hy sit met sy rug na die venster, kan nie eens ‘n foto neem nie …
Lees voort “Sneeu aan Wes-Rand …”Aardbewings in Welkom
Ons het 1983 tot 1994 en weer 1996 tot 2005 in Welkom gewoon. ‘n Stad wat gereeld deur aardbewings geteister word.
Lees voort “Aardbewings in Welkom”Berugte tekening op Berlynmuur
My iPad herinner my die week aan gebeurtenisse die afgelope paar jare in videoformaat. Dit maak mos videos van iets wat dit as belangrik ag. En dié keer herinner dit my aan ons reis deur Duitsland in 2013.
Lees voort “Berugte tekening op Berlynmuur”Maslenitsa tyd in Kazakhstan
Vanoggend kom dit net skielik by my op, dit is Maslenitsa tyd in Kazakhstan.
Lees voort “Maslenitsa tyd in Kazakhstan”