Gepubliseer in Reisjoernaal

Die sneeuweergawe van Hansie en Grietjie

Eendag lank, lank gelede was daar ‘n man en sy vrou wat hulle deur die sprokiesagtigheid van ‘n sneeuland laat lok het om vir ‘n rukkie daar te gaan woon en werk. Om dit te kon doen, moes hulle hulle kinders, kleinkinders, huis, hondekinders, vriende en taal in hulle sonnige land agterlaat.

Hulle het geweet dat die mense in die sneeuland ‘n ander taal praat, maar hulle het dit nie verstaan nie. Hulle het ook geweet dat die mense van die sneeuland hulle – op die koop toe – nie sou verstaan nie.

Dit was ‘n baie moeilike besluit.

Hansie en Grietjie was baie lief vir hulle kinders, kleinkinders en woewe. Grietjie was ook baie lief vir haar troeteldiere.

En … die sneeuland was baie ver van die sonland af. Hulle moes twee dae lank per vliegtuig reis om in die stad te kom waar hulle sou woon. Die besluit is makliker gemaak omdat dit ‘n kort kontrak was. As dit moes, kon hulle binne twee dae tussen die sonland en die sneeuland reis omdat vliegtuie hulle woerts warts oor tienduisend kilometer kon vervoer.

Net wanneer hulle wou. En hulle wou gereeld na die sonland terugkeer. Omdat hulle naby hulle hartsmense moes wees.

Sprokieswêrelde het egter altyd ‘n heks, ‘n bedrieër, en vele ander karakters wat die pret uit die sprokie haal. In hierdie aanlynvervolgverhaal vertel ‘n groep vroue, wat hulself as die goue vroue omskryf omdat hulle ‘n stukkie goud in elkeen raakgesien het, die grootmensweergawe van Hansie en Grietjie.

As jy dus wil weet wat met Hansie en Grietjie gebeur het, mot jy gereld na hierdie skakel gaan om nuwe hoofstukke te lees.

Gepubliseer in Reisjoernaal

Goue Vroue, Maps.me en Mosambiek

Maps.me is blykbaar ‘n goeie toep in Europa. Manlief se tolk in Öskemen. Kazakhstan het dit gebruik om die hele Europa vol te toer. Vir ons kon hy nie oortuig om dit in Kzakhstan te vertrou nie. Want ons sal dit nooit weer vertrou nie. Nie nadat ons dit in Mosambiek getoets het nie.

Hierdie ware verhaal vorm deel van ‘n bloguitdaging: Vir die doel van hierdie uitdaging word elke Goue Vrou uitgedaag om ‘n ware verhaal te vertel waarin sy waaghalsig, roekeloos, dapper, onverskillig, vreesloos, uitdagend, mal, koen, riskant, gevaarlik of heldhaftig was. Met een groot verskil. Soos gewoonlik is die res van ons karakters in elkeen se ware verhaal. Die verhale van die Goue Vroue se waaghalsigheid kan hier gelees word https://fresh.inlinkz.com/p/f80d05d5846445598fea67b47c8a6182.

Lees voort “Goue Vroue, Maps.me en Mosambiek”

Gepubliseer in Reisjoernaal

Nuwe versierings vir nr 17 Rebusfontein

Ek is vroeg op, almal slaap nog. Maar ek is opgewonde, ek het uiteindelik bure gekry. Buurvrouens eerder, alhoewel ek hoor dat party van ons hulle mans saamgebring het.

Dit gaan ‘n interessante dinamiek aan die dorpie gee, my manlief moet tuis bly. Hier wil ek net asem skep in ‘n huisie wat hy nie gaan verstaan nie. Die man van my het nie verbeelding nie, hy is ‘n ingenieur. Daarmee bedoel ek nou nie dat ingenieurs nie verbeelding het nie. Inteendeel. Hulle wil net alles sien realiseer in meetbare terme. Die huisie van my kan nie gemeet word nie.

Maar laat ek net eers weer onthou waar elkeen woon. As jynop die skakel kleik, kan jy na hulle blogs gaan om meer oor hulle te lees.