Airpods: ‘n Aangename verrassing

Toe Apple die Airpods in 2016 beskikbaar gestel het, het ek die goedjies en die prys so bekyk en besluit dat daar geen manier is waarop ek die goedjies, wat soos tandeborselkoppe lyk en duurder as goue oorbelle is, sal aanskaf nie. Hoe bly dit in jou ore? As jy een verlore raak, is die … Lees voort Airpods: ‘n Aangename verrassing

WOW, kleinseun kan spel!

Kleintyd het ek al geweet dat ons oudste kleinkind, 'n seuntjie, 'n talent vir taal het. 'n Aanleg. 'n Bewuswees van taalmonstruksie. Ver bo sy ouderdom. Vandat hy baba was, het hy saans stilgesit vir 'n storieboek. Nie paar sinne nie, die hele boek! En as ouma anders lees as wat daar staan omdat ek … Lees voort WOW, kleinseun kan spel!

Om te like of nie

Ek kry vanoggend hierdie boodskappie (sien foto) van my sus wat altyd vir my die mooiste, oulikste sêgoed aanstuur. En daarom wil ek vandag spesifiek oor verhoudings op sosiale media gesels. Lees dit egter eers self. Ek stem nie met die raad saam nie. Al verstaan ek die seer agter die boodskap. Iemand wat graag … Lees voort Om te like of nie

Ouderdom

My vroegste herinnering aan gedagtes oor ouderdom het met huisvriende van my ouers te doen. Frans en Susan Fitzgerald. Ek was matriek. Hulle was jong vriende vir my ouers, dus nie veel ouer as ons kinders nie. Maar hulle was meer as tien jaar ouer as ons. En dit was die goue reël daardie tyd, … Lees voort Ouderdom

So sal ek graag onthou wil word

Ek lees vanoggend iemand se kommentaar op 'n medeblogger, Abrie, se inskrywing. Dat sy haar WhatsApp status gemaak het oor hoe sy onthou wil word. Natuurlik kan ek dit nie lees nie, ons is vriende op WordPress en nie WhatsApp nie. Maar dit het 'n vonkie veroorsaak wat vra dat ek so iets vandag skryf. … Lees voort So sal ek graag onthou wil word

Herinneringe aan Steve, ons boerbok

Ons het 'n plasie langs die Vaal. Piepklein, net-net groot genoeg om wel ‘n plaas genoem te word. Daar wil ons eendag gaan aftree. So tien jaar gelede het ons besluit dat daar lewe moet wees. Die gedagte was nog nie koud, toe deel manlief dit met sy vriend Piet Bezuidenhout van Welkom. En sy … Lees voort Herinneringe aan Steve, ons boerbok

As ‘n eland (ram of bul?) my uitverkies

Anne vertel vandag in haar prettige inskrywing van die bul (bees) wat op haar stoep kom kuier het terwyl sy op vakansie in die Transkei was. En toe word ek teruggevoer na 'n soortgelyke ervaring by Dikihlolo, so twee jaar gelede. Ek wil nou nie jou idee steel nie, maar ek moet die ene vertel. … Lees voort As ‘n eland (ram of bul?) my uitverkies

Loutere plesier as ek en statistiek mekaar vind

Wiskunde was my gunsteling vak op skool. En ek sien op my laerskool rapporte wat so met die groot trek uit ons huis raakgepak is dat ek bykans altyd 100% daarvoor gekry het. En toe los ek dit in graad 9 om saam met my beste vriendin in die klas te wees. Skaam ekke wat … Lees voort Loutere plesier as ek en statistiek mekaar vind

Afrikaans, my taal, my passie

Ek kry die idee dat ek moet verduidelik waarom ek so pro-Afrikaans is. En vasskop teen die boikot van Steve Hofmeyr se musiek. Ek, wat op skool so min vir Afrikaans omgegee het dat ek nie die idome geleer het nie. En met 'n C-simbool in matriek tevrede was. Ek wat, tot my skande as … Lees voort Afrikaans, my taal, my passie

Ons dog ons is pro’s met ‘n trekkery …

Soos ek in die vorige inskrywing vertel het, het ons die afgelope week uit ons stadshuis getrek. Wat ek nie vertel het nie, is dat ons die huis in die mark gesit het omdat ons na ons plasie wil trek wanneer ons na Suid-Afrika terugkeer. Dus vertel ek vandag van snaakse oomblikke voor, tydens en … Lees voort Ons dog ons is pro’s met ‘n trekkery …