Nur-Sultan, hoofstad van Qazaqstan

Van die eerste goed wat ek aan die begin van die jaar oor Qazaqstan gelees het, is dat die land sedert 1997 'n nuwe hoofstad het. Astana. Voorheen was Almaty, 'n pragtige ou stad in die suide van die land die hoofstad. Tussen Januarie vanjaar en nou het die eerste president van die land, Nur-Sultan, … Lees voort Nur-Sultan, hoofstad van Qazaqstan

Taxi skok in Almaty

Almal hier gebruik Yandex taxi. Tot verlede week kon ons twee nie, Yandex is nie in ons App Store beskikbaar nie. En diegene met Yandex kry dit ook nie meer in hulle App Stores nie. Dus het ons op Aparu staatgemaak. Aparu het oral vir ons gewerk. Behalwe in Nur-Sultan, daar moes ons op geradbraakte … Lees voort Taxi skok in Almaty

Vinkwyfies …

Ek kan nie help om aan ‘n vinkwyfie te dink wanneer ek die gewerskaf sien wanneer nuwe intrekkers kom nie. Maar, laat ek eers verduidelik. Hier huur mens gemeubileerde woonstelle, die meeste daarvan baie mooi met muurpapier versier. En meubels, koppies, pierings, borde, glase, potte, panne messegoed, sowel as linne is deel van die pakket. … Lees voort Vinkwyfies …

‘n Plaasvervanger vir When Calls the Heart?

Ons was aan Binnelanders, Suidooster en Getroud met Rugby verslaaf, ek en manlief. Ons het ook die reekse gevolg: Swartwater, Sara se geheim, Fynskrif, daardie een wat aan die Waterfront geskiet is, was sy naam Waterfront? Dan was manlief aan sport verslaaf, enige iets, rugby eerste, dan gholf, krieket, tennis, fietry, die hele kaboedel is … Lees voort ‘n Plaasvervanger vir When Calls the Heart?

2de brief aan die gemeente: Ses maande in Qazaqstan

More dominee Kobus en die gemeente en bloggers wat lees. Eerstens wil ek vir Corrie bedank vir die preke wat sy so gereeld aanstuur, maar veral omdat sy my per e-pos herinner dat sy dit per Wetransfer gestuur het. Want Wetransfer gaan kruip iewers weg en lig my nie in as ek die preke kan … Lees voort 2de brief aan die gemeente: Ses maande in Qazaqstan

Daar is chaos in my hart …

Hierdie inskrywing volg op ‘n bloguitdaging wat vereis dat die volgende woorde, of een of meer daarvan, gebruik word om ‘n eie inskrywing te doen. Liefde, kinders, vertroue, gedagtes, chaos. Vreemde groepering van woorde, dink ek. Tot ek aan gister dink. Hier is myne dan. *** Gister, terwyl ek stap, luister ek na een van … Lees voort Daar is chaos in my hart …

Ek en RSG en alternatiewe vir melk

Ek het klaar verduidelik dat ek stilte om my nodig het om te funksioneer. Daarom het ek eers verlede week die vreugde van Airpods ontdek. En as ek nie nou in my spoor begin trap nie, gaan ek een van die dae permanent met die goedjies in die ore rondloop. Want manlief het die Radio … Lees voort Ek en RSG en alternatiewe vir melk

So, wat dink die Qazaqs van ons koeksisters?

Manlief is vanoggend met die bak koeksisters waarvan ek gister vertel het werk toe. En kom al glimlaggend vanmiddag vir middagete tuis. Met die leë bak in die hand. Hulle het baie daarvan gehou, vertel hy. Die mans en die dames. En dit het hom beïndruk, want nie almal het dankie gesê toe hy vir … Lees voort So, wat dink die Qazaqs van ons koeksisters?

As manlief koeksisters belowe …

Ek was op universiteit gek oor koeksisters. Was van 1979 tot 1981 in Madeliefkoshuis by Tukkies. En ek is werklik dankbaar dat die Universiteit van Pretoria Madelief se naam laat bly staan het. Want in my tyd het ons Madelief se kleuterjare gevier. Sy het drie en vier en vyf geword en elkeen daarvan het … Lees voort As manlief koeksisters belowe …