Qazaqstan het interessante spoed- en padreëls en bykans almal gehoorsaam dit.
Maand: Mei 2019
Skrik ek my alie af in Qazaqstan
Dit is veilig in Qazaqstan. Vrouens stap saans na tien in stil, donker state met kleuters aan die hand. Laggend. Nie vinnig en loerend nie. Dit is veilig.
En toe sweef ek oor tyd en ruimtelike grense heen na my kerk in Suid-Afrika
Ons het einde 2005 van Welkom na die groot stad getrek. In Welkom was ons lede van die Hervormde Kerk St Helena, ‘n piepklein gemeente met ouer mense en ds Martin Fouché as ons predikant. Hy het Anja aangeneem en voorgestel en Marnus gedoop, aangeneem en voorgestel.
Lees voort “En toe sweef ek oor tyd en ruimtelike grense heen na my kerk in Suid-Afrika”Pragtige kouse in Qazaqstan
My man se Russiese medewerker het ons met ons aankoms hier na ‘n open market geneem waar alle soorte kosse, melkprodukte en vleis onder verkoop word. En klere bo.
Onverwagte kersie in die mond by die Fresh Market
Ons is vanoggend weer gou Fresh Market toe om vanilje essence te koop.
Lees voort “Onverwagte kersie in die mond by die Fresh Market”
Braaivleis in Qazaqstan
Manlief is ‘n boer, ‘n man wat van braaivleis, bier en biltong hou. En natuurlik die Blou Bulle.
Lees voort “Braaivleis in Qazaqstan”