Maps.me is blykbaar ‘n goeie toep in Europa. Manlief se tolk in Öskemen. Kazakhstan het dit gebruik om die hele Europa vol te toer. Vir ons kon hy nie oortuig om dit in Kzakhstan te vertrou nie. Want ons sal dit nooit weer vertrou nie. Nie nadat ons dit in Mosambiek getoets het nie.
Hierdie ware verhaal vorm deel van ‘n bloguitdaging: Vir die doel van hierdie uitdaging word elke Goue Vrou uitgedaag om ‘n ware verhaal te vertel waarin sy waaghalsig, roekeloos, dapper, onverskillig, vreesloos, uitdagend, mal, koen, riskant, gevaarlik of heldhaftig was. Met een groot verskil. Soos gewoonlik is die res van ons karakters in elkeen se ware verhaal. Die verhale van die Goue Vroue se waaghalsigheid kan hier gelees word https://fresh.inlinkz.com/p/f80d05d5846445598fea67b47c8a6182.