Vandag is ek en manlief 38 jaar getroud. Hierdie foto is ‘n hele paar jaar gelede geneem, ek skat 7-8 jaar gelede. Want ons oudste kleinseun was toe ons enigste kleinseun. Agt en dertig jaar gelede het ons in die Hervormde moedergemeente, Ermelo, beloof om vir altyd vir mekaar daar te wees, of dit nou goed of sleg gaan.
Lees voort “Om 38 jaar getroud te wees …”Maand: Januarie 2020
Om in ‘n sprokieswêreld van ys te oorleef, moet mens die gevare ken
Die hooffoto is uit ‘n koerantberig geleen, ‘n berig oor ‘n sneeustorm wat ons hoofstad, Astana, in 2018 beleef het.
Lees voort “Om in ‘n sprokieswêreld van ys te oorleef, moet mens die gevare ken”Qazaqstan: ‘n terugreis na 50 jaar gelede …
Ek dreig al so lank om hierdie inskrywing te maak. Dan begewe my moed my weer. Redeneer ek dat ek dit dalk eerder moet skryf wanneer ons weer in ons eie land is. Is ek te krities as ek dit so sien? Dalk moet ek sommer glad nie skryf nie.
Lees voort “Qazaqstan: ‘n terugreis na 50 jaar gelede …”My vriendelike Qazaq buurman
Laat ek eers so begin. In die winkels en op straat is die Qazaqs is volgens ons nie vriendelike mense nie. Ons beleef hulle selfs as ongeskik. Daarom het ek die woorde Tie Grubie (jy is ongeskik) reeds gou aangeleer. Al gebruik ek dit nie sommer nie. Na alles is ek in hulle land en nie andersom nie.
Lees voort “My vriendelike Qazaq buurman”Tender African flower … ekke?
Ek en my Suid-Afrikaanse vriendin, Mia, gesels vanoggend so op WhatsApp oor ons vingers wat in ons handskoene koud kry.
Lees voort “Tender African flower … ekke?”Die hart se padkaart na sorgelose kinderdae
My blogvriendin Una se plasing oor ‘n plekkie in haar verlede wat sy nog net met die hart se padkaart kan vind, het my hart dadelik aan die werk laat spring. Om ‘n padkaart te bied na die plaashuis waar ek tot einde standerd 4 (nou graad 6) grootgeword het.
Lees voort “Die hart se padkaart na sorgelose kinderdae”