Gepubliseer in Joernaal

Netiket

Vandag wil ek sommer net oor netiket gesels, nie in besonderhede nie, maar eerder oor die gebrek aan netiket wat my die harnas injaag.

Ek onthou nog so goed ‘n dag in my motor, toe my dogter, wat toe nog in die hoërskool was, baie ontevrede was met haar vriendin, wat vir haar in ‘n sms gesê het dat sy niks vir haar te sê het nie.

Hoe het sy dit geweet – maklik hoor! ‘n Nuwe vorm van deelname aan mobiele gesprekke het in daardie tyd ontstaan – ons praat nou van iewers tussen 2000 en 2004, toe sy matriek was.

As jy in HOOFLETTERS tik, skree jy op iemand en as jy ‘n leë SMS stuur, dra jy die boodskap oor dat jy niks vir die persoon te sê het nie. Die ontvanger ervaar dit so, voel beledig en kan dan besluit of sy gaan veg vir die verhouding, of vlug en vergeet van die persoon wat niks te sê het nie. Onwetend of die leë boodskap per ongeluk gestuur is. Iewers langs die pad het dit onmoontlik geword om leë boodskappe te stuur.

Vandag maak WhatsApp dit vir gebruikers moontlik om boodskappe uit te vee nadat dit gestuur is, met die gevolg dat die ontvanger ‘n rukkie later, wanneer sy tyd het, ‘n klomp “deleted” boodskappe in ‘n gesprek vind. Waarom gebruikers toegelaat word om boodskappe uit te vee, gaan my verstand te bowe aangesien WhatsApp Android gebruikers in staat stel om die boodskappe te lees, al het die stuurder besluit om dit uit te vee voordat dit gelees is. Ek kan raai waarom, ek neem aan dat Meta AI al die data nodig het om te leer hoe mense praat, al stel dit diegene wat boodskappe uitgevee het, soms in delikate posisies.

Onlangs het ek byvoorbeeld in die waan dat ek met een persoon praat, vir haar gesê dat ek nie weet hoe om ‘n gedeelde kennis te hanteer nie aangesien ek soms my boodskappe van haar oopmaak om net “deleted” boodskappe te sien. Nodeloos om te sê, wou ek dit nie vir die persoon in persoon sê nie, en het ek dadelik uitgevee toe ek die flater besef. Wel, haar nuuskierigheid en WhatsApp se gemene hulpvaardigheid het my in ‘n verleentheid gestel, want sy het my sommer laat weet dat sy dit geluister het, haar WhatsApp het dit vir haar oopgesluit!

Indien ek ‘n boodskap uitvee, laat ek ‘n boodskap waarom ek dit uitgevee het, al moet ek soms jok oor die presiese inhoud van die boodskap. Ek het dit dan juis uitgevee omdat dit nie vir die betrokke persoon se oë en ore bedoel is nie. Sommige mense sê dat hulle “nie around the bush” mense is nie, ek is wel een. Verhoudinge is vir my belangrik, en daarom sal ek eerder wegstaan om af te koel, of ‘n wit leuen vertel, om nie die persoon seer te maak nie. Wat gee dus vir WhatsApp die reg om uitgeveegde boodskappe openbaar te maak om my verhoudings te laat sneuwel?

Buitendien, wat help dit om vir mense, wat gereeld ‘n klomp boodskappe skryf en dit dan uitvee voordat ek dit kon lees, te vertel dat ek nie daarvan hou om ‘n klomp deleted boodskappe te sien – sonder enige verduideliking nie? In sodanige gevalle is die boodskap volgens my duidelik: Ek het niks vir jou te sê nie.

Soos gister. Ek sou my ma tandarts toe vat in een deel van Centurion, wat ontwikkel het in twee bank persoonlike besoek (ABSA) en Capitek om baie lank te wag om gehelp te word, Dischem om medisyne te koop, toilette en ‘n besoek aan Checkers. Alles kon slegs by Centurion Mall gedoen word, dus moes ek die pad soontoe vat of by verskeie plekke stop en betaal en soek. In die proses het ek eers naby drie by die huis gekom, waar ek beplan het om naby twaalf weer tuis te wees.

Aangesien ek my ma oral met die snaakse Engels moes help, was my WhatsApp-foon vergete in my handsak waar sy klank gesmoor word deur dik laag leer. Tuis moes ek jaag om kos te maak, manlief se nuwe werk maak ons lewe ‘n krisis. Hy staan drie-uur op, ry halfvier om ‘n uur en ‘n half later eers daar te wees. Teen drie-uur pak hy weer die pad huis toe aan, met die gevolg dat kos teen sesuur geëet moet wees sodat ons teen sewe in die bed kan klim om hopenlik teen agt deur Klaas Vakie oorrompel te word. In sy rytye hou ek hom elke halfuur op ‘n spesiale toep dop om seker te maak my man is veilig – ons was jare laas so gereeld en aanhoudend en sulke donker ure op die paaie.

Gister het ek my foon in my handsak vergeet, kos gemaak, twee sepies gekyk en in die bed omgekap. Glo my, teen sewe-uur saans is ek poegaai, dit is ‘n lang dag van drie-uur die oggend af.

Vanoggend maak ek my foon oop, opgewonde oor ‘n paar boodskappe van my kennis. net om in ongeveer vyf of ses uitgeveegde boodskappe was te kyk. Geen verduideliking, niks om vir my te sê nie. Teen my beterwete in, laat ek ‘n boodskap om te sê dat ek dit nie geniet nie, net om te verduidelik dat ek vanoggend eers gesien het dat daar boodskappe was. Wat ‘n fout!

Hoe gemaak as jy die verhouding wil hê, maar nie kans sien vir wispelturige uitvee van boodskappe omdat ek nie onmiddellik gelees en geantwoord het nie? Ek gaan sowaar nie weer verduidelik nie, my aanvanklike modus operandi was beter. Ignoreer, maak die chat skoon dat ek dit nie weer sien nie en gaan aan met my lewe. Iewers, maybe eendag, sal ek wel vergewe word vir die onvergeeflike – naamlik om sowaar nie dadelik op elke liewe WhatsApp te reageer nie!

Indien ek ‘n dringende antwoord wil hê, bel ek. Indien nie, stuur ek ‘n WhatsApp van my ou foon af (wat toevallig ook nie altyd by my is nie en waarvan al my kennisse bewus is), maar ek verkies Signal en Telegram, wat beide op die foon by my geïnstalleer is. Nie een van hierdie twee klik as iemand ‘n boodskap uitgevee het nie, daarom is dit net soveel beter vir my verhoudinge met ander. Ongelukkig is daar mense wat nie wil glo hoeveel WhatsApp op hulle fone grou nie. Ek gebruik nie hierdie toep op dieselfde foon waarop ek my banksake doen of persoonlike e-posse kry nie. Ek e-pos ook, die ontvanger hoef nie op aandag te staan en wag om op die boodskap te reageer nie – indien dit ‘n vereiste is, bel ek en praat ek in-persoon met my kennisse.

Ai, en nou het ek soveel gepraat oor ‘n enkele aspek van netiket. Maar, die boodskap is seker duidelik?

Groete tot volgende keer …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Netiket

  1. Ik gebruik liever Signal. Al wordt dat nog te weinig gebruikt.

    Lezen en later reageren doe ik wanneer het uitkomt. Dat laat ik ook zo aan anderen.

    Bellen doe ik weinig vanwege mijn slechte oren.

    Wat de normale geaccepteerde normen zijn van telefoongebruik weet ik eigenlijk niet.

    Ik begrijp jouw manier van omgaan met jouw telefoon.

    Stille groet,

    Liked by 1 person

  2. Toe e-pos in ons lewens gekom het was daar reeds probleme met etiket: dit is so veel maklik om iets haastig te skryf en die ‘send’ knoppie te druk, sonder om dit eers deur te lees. Dieselfde gebeur nou met die ander platforms waaroor jy praat. Onthou, as jy ets uitvee moet jy ‘delete for all’ kies en nie net ‘delete for me’ nie!Soms is dit ook beter om net stil te bly.

    Liked by 1 person

    1. Hi Anne, ek doen dit, maar WhatsApp laat mens net vir sekondes toe om vir almal te delete. Dan … laat WhatsApp ook mense toe om boodskappe wat uitgevee is te lees. Dit is vir my onaanvaarbaar en breek die vertrouensverhouding.

      Like

  3. Sover ek weet, is dit nóg ‘n funsionaliteit nóg beleid van Whatsapp om boodskappe, wat uitgevee is, weer sigbaar te maak. Dit is bloot nie waar t.o.v. Whatsapp nie. Dit kan wel met derdeparty-apps gedoen word, maar die sekuriteitsrisiko in daardie geval is baie groot.

    Like

      1. Ek het per ongeluk jou volgende kommentaar oor ‘deeglike navorsing’ en ‘eensydigheid’ uitgevee. Ek het wel deeglike navorsing daaroor gedoen – en my lesers is bewus daarvan. Ek het WhatsApp, Telegram en Signal op vele vlakke vergelyk en WhatsApp is in inderdaad ‘n onveilige toepassing. In so mate dat mense dit verlaat om veiliger toepassings te kry wat ook beter is. Gepubliseer in ‘n geakkrediteerde vaktydskrif, deur portuur geëvalueer. Hier is die skakel: https://www.litnet.co.za/telegram-signal-of-whatsapp-keuse-van-n-geskikte-toep-om-mobiele-leeromgewings-vir-suid-afrikaanse-hoeronderwyskontekste-te-skep/

        Like

    1. Ek is altyd verras as mense so opkom vir ‘n toepassing wat maklik die gevaarlikste geselstoep is omdat Meta nie sekuriteit hoog ag nie. Ek is reg, hoor. En dit is wat my die hoenders in maak. Lees hier hoe maklik dit is – op ‘n Android foon.

      You can see deleted WhatsApp messages by checking your notification history if you’re using an Android device with version 11 or above. Alternatively, you can restore messages from a backup by uninstalling and reinstalling WhatsApp, then selecting the restore option during setup.

      https://mobiletrans.wondershare.com/whatsapp-tips/see-whatsapp-deleted-messages-by-sender.html

      Ek is in die eerste plek ‘n navorser, dus skryf ek nie goed wat ek nie met bewyse kan bevestig nie. In die tweede plek geniet ek dit om mense te waarsku teen swak tegnologie met swak sekuriteit. En WhatsApp is ‘n gevaarlike kalant.

      Like

        1. Dit kan net uiters frustrerend wees as jy van die vriendin so baie uitgeveede boodskappe kry – baie onregverdig van haar om te verwag jy moet dadelik lees en antwoord. Ek het Telegram gehad maar dit afgevee van my foon want ek het elke nou en dan van ‘n persoon ‘n versoek gekry vir moontlike deeltydse werk – en met al die ‘scams’ en ander dinge, hou ek niks van die goed nie. Ek blok en delete dadelik. En nou met AI ook al die dinge wat daarmee gepaard gaan. Daar is die voordele maar ook die nadele en ongelukkig gebruik heelwat mense dit nou vir al die verkeerde redes. Mens kan net nie wen nie.

          Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.