Meer oor my

Ek is ‘n opvoedkundige navorser, wat daarvan hou om ondersoek in te stel na metodes hoe onderrig en leer bevorder kan word. Gebaseer op die belangstelling, het ek al verskeie artikels in nasionale en internasionale vaktydskrifte gepubliseer (sien ondertstaande skakel vir CV). Ek is heel opgewonde om te noem dat ek my nou ook tot die skryf van hoofstukke in akademiese boeke gewend het en dat verskeie daarvan in die publikasieproses is.

Ek is ‘n ervare kritiese leser en kan nagraadse studente help om hulle navorsingsvoorstelle gereed te maak om deur etiese komitees aanvaar te word. Kontak my gerus vir ‘n kwotasie.

Ek kan akademiese skrywers ook help om hulle artikels vir publikasie gereed te maak. Dit is altyd waardevol om ‘n kritiese leser te betrek as jy nog nie ‘n ervare skrywer is nie, omdat kritiese lesers probleme raaksien wat jy nie self sien nie omdat jy te nou by die proses betrokke is. Kontak my gerus vir ‘n kwotasie.

Ek is ook ‘n tegnologie-junkie, daarom toets ek gereeld nuwe tegnologie (en oues) om beter te verstaan hoe dit my lewe makliker kan maak. As dit kan, deel ek my kennis – hier – in Afrikaans, my taal!

Volg hierdie skakel om my opgedateerde CV in Afrikaans te lees.

Volg hierdie skakel om my opgedateerde CV in Engels te lees.

 

Onderhoude:

LitNet oor my onderwysernetwerk

Dankie vir die inloer, gesels gerus saam as ‘n artikel jou interesseer.