Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Ons eerste sneeu val

Toe dit onlangs so koud was, het ek begin stres oor die winter wat kom. Die koue wind het deur my gesny.

En ek is na die piepklein winkeltjie toe waar ek wol gesien het. Om serpe en musse te kan brei. Want dié winter gaan my nie sonder serpe en musse vind nie.

Ek wat nie hoede en musse dra nie? My serpe wil die hele tyd afval, ek verloor hulle sommer so in die stap. Musse maak hare lelik deurmekaar, ja? Nie hier nie, nie in die winter nie.

In die winter staan ek soggens op. En lyk my hare lyk asof ek dit so pas platgestryk het.

Maar ja, selfs al het ek soos natgereënde hoender gelyk as ek dit afhaal, daarsonder gaan ek nie wees nie. Nie noudat ek ontdek het dat koue wange beter as bevrore ore, neus, mond, wange en selfs oogballe is nie.

Regtig! As dit so koud is en mens stap so bietjie buite rond, dan weer jy hoe voel koue oogballe. Dit maak sommer ooglede ook koud. En ek het al foto’s gesien waarin van my vriende se kinders hier bevrore ooglede het!

Glo jy my nou? Geen Photoshop. Mooie ou seuntjie hierdie Qazaqie. O my genade, ek hoop nie ek sal so selfie kan neem nie. Maar, mens weet nooit.

Ek het besluit dat ek die winter gaan omarm. Mens trek reg aan en dan verkluim jy nie. Jou huis is so warm dat ek nou met kortbroek en moulose bloes sit en tik. Al voel dit volgens die toep tans soos -21 C buite. Want, die eerste sneeu het geval.

Vriendin Una het laat weet dat ek die sneeu moet geniet. Sy het nog nie gesien nie. Ek het al, in 1996 het dit in julie in Welkom gesneeu. Dik mat. Ons het sneeumanne gebou terwyl ons koud gekry het vir ‘n dag of tien terwyl die sneeu smelt.

Daarna het ek sneeu met twee dinge vereenselwig. Pienk lug en stilte. Want ek het wakker geword as gevolg van die algehele stilte. En die lug was pienk. Hier wag ek vir pienk lug en stilte. Beide is nie teenwoordig nie. Dit is koud, ek het lankal vergeet dat sneeu en koue soos boude is. Die een kan tog nie sonder die ander nie?

Vir my lesers wat nog nie sneeu gesien het nie. En vir ander wat het, maar net wil weet hoe dit by ons lyk. ‘n Paar foto’s. Geniet.

Ons berg, waarna verwys word as Oskemen se Hollywoodagtige berg. lyk klaar wit. Ek is nie verbaas nie, die toppe was die afgelope paar dae deel van die dragtige sneeuwolke. Die hoës daaragter het reeds spierwit sneeu in die gletservalleie.

Ek het nou eers gou gaan bad, aangetrek en foto’s buite gaan neem. Want die son het ons kom verras. En ek moes die foto’s neem. Voordat die sneeu smelt..

Ek dink Dusty is baie bly ons het garage gekry. Al het dit sewe maande se soek gekos. Kyk hoe lyk haar maatjies wat buite staan.

Sneeukombers, ek wonder hoe koud dit daaronder is. Sy kon so gelyk het as daar modder aan haar is.

Of dalkies so as daar nie modder was nie.

Dit is vanoggend minus 7 C. En almal staan op ‘n afstand. Skakel motors op afstand aan. Staan buite en klim dan eers in. Dit is dan warmer as jy in die vrieskas, of yskas, klim.

Hierdie wit dak is eintlik swart. Mens kan die Irrishrivier aan die linkerkant sien. Daardie gebou met liggies is die Dedemans hotel. Agter het die berge ook sneeu op die pieke.

Ek sal die koue met ope arms verwelkom. Want ek gaan binnekort in ‘n sprokieswêreld leef. Terwyl die son al hoe luier word.

Kom nou na sewe eers op, sukkel om deur die wolke te beur en gaan teen halfses weer onder.

Ek spot manlief omdat hy nou sulke laaaang ure werk.

Gaan donker werk toe en kom donker terug. Onlangs nog het die son net na 4 opgekom en naby 10 snags eers sy koppie gaan neerlê om te slaap. Toe het dit gevoel of hy lankal by die werk moes wees en heeltemal te vroeg huis toe kom. Steeds werk hy 7-5, die natuur speel met ons parte.

O ja, my breiery is deur iets anders aangevuur. Maar ek moes swyg. Tot dit veilig is om oor te vertel.

Wie het reg geraai?

Ek gaan weer ouma word.

Ek het iewers in my lewe gesê dit is makliker om seuntjies as dogtertjies groot te maak. My kinders het my ernstig opgeneem …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

18 gedagtes oor “Ons eerste sneeu val

  1. Geluk met die nuwe kleinkind!!! Dis die beste ding wat jy kan doen is om die winter te “embrace” Hierdie week voorspel hulle sneeu in Skotland, so ek het dit gemis! Geniet die koue. Hierdie hittegolwe in SA is nie lekker nie!

    Like

      1. Ons het net een kleinkond. Sy is nou 5 jaar oud en dit lyk nie asof daar nog van hulle gaan wees nie. Net een van my drie kinders is getroud en hulle het laat weggespring. Ek is dus ‘n een-dogtertjie ouma.

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.