‘n Homoniem is ‘n woord wat net soos ‘n ander woord gespel word, maar waarvan die betekenis verskil.
Lees voort “Homonieme …”Argiewe
Antonieme
Antonieme is woorde met die teenoorgestelde betekenis. Ek het die verskil tussen antonieme en sinonieme so aan my leerders verduidelik:
Lees voort “Antonieme”Sinonieme
Soms wonder mens waarom daar meer woorde is wat soort van dieselfde betekenis het. Vir leerders is dit belangrik om hierdie woorde te ken as hulle goeie punte vir opstelle wil verdien.
Lees voort “Sinonieme”En nou is daar ‘n vyfde oseaan
Vandat ek kan onthou, het die aarde vier oseane gehad. En nou is daar vyf en die moontlikheid dat ‘n sesde wat in die volgende miljoen jaar gaan ontwikkel.
‘n Oseaan word normaalweg omskryf as die wateroppervlak tussen twee of meer vastelande. Sedert 1915 het karteerders vier oseane (met hulle seë) geïdentifiseer, naamlik die Stille Oseaan, die Indiese oseaan, die Arktiese oseaan en die Atlantiese oseaan.
Die Stille oseaan is die grootste en beslaan ongeveer ‘n derde van die aarde se oppervlak. Hierdie oseaan lê tussen Australië en Asië aan die een kant en Noord- en Suid-Amerika aan die ander kant. Interessant om te weet as mens in gedagte hou dat die aarde se oppervlakte ook 30% beslaan.
Die Atlantiese oseaan is die tweede grootste en beslaan ongeveer 20% van die aarde se oppervlak. Hierdie oseaan verbind Afrika en Europa met die ander kant van Noord- en Suid-Amerika.
Die Indiese oseaan is die derde grootste en bied ‘n belangrike handelsroete tussen Afrika en Indië omdat die twee vastelande verbind word.
Die Arktiese oseaan word by die noordpool aangetref en is die minste sout van al die oseane weens die vars water wat gereeld vorm as yslae smelt.
En onlangs, op 8 Junie 2021 om presies te wees, is ‘n vyfde oseaan benoem, naamlik die Suidelike oseaan. Soos sy naam aandui, word hy by die suidpool, of Antarktika aangetref. Die oseaan is benoem omdat hy op belangrike wyses verskil van die drie oseane wat aan hom grens, naamlik die Stille, Indiese en Atlantiese oseaan. Anders as in die gewone sin van die woord oseaan, word die oseaan nie tussen twee of meer vastelande aangetref nie, maar omring die Suidelike oseaan die hele Antarktika (sien foto). Sommiges verwys na hierdie oseaan as die Antarktiese oseaan.
Ek vind dit baie interessant dat die nuwe oseaan in my leeftyd benoem is. Heel waarskynlik omdat ek nou my Geografie aantekeninge sou moes aanpas om erkenning aan die vyfde oseaan te gee. Ek kan byna met sekerheid voorspel dat hierdie oseaan deel van die matrieks se eindeksamen gaan vorm. Dit is ‘n belangrike gebeurtenis as ‘n nuwe oseaan na meer as ‘n eeu benoem word.
Die uitsig van ‘n sesde oseaan wat gaan vorm, voel nie soos ‘n werklikheid nie omdat dit binne die volgende miljoen jaar gaan gebeur. As die voorspelling natuurlik waar is … Geeneen van ons gaan dan nog die aarde bewandel nie.
Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses
Maandag kry ek weer ‘n boodskap van ‘n wildvreemde professor van ‘n iniversiteit waarvan ek nog net gelees het in my inboks – sal ek vir ‘n internasionale vaktydskrif ‘n eweknie beoordeling doen? Ek kyk na die ou e-posadres wat gebruik is en wonder hoe hulle op my afgekom het. Maar die titel trek my soos ‘n magneet – eportefeuljes.
Lees voort “Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses”Toespraak oor begaafde kinders vir SAOU
Julle gaan sowaar glo dat ek ‘n vrou is wat nie by my woord hou nie. Want ek het skaars ‘n maand of drie gelede geskryf dat ek nie weer ‘n toespraak gaan lewer nie. Wel … dit het so gekom.
Lees voort “Toespraak oor begaafde kinders vir SAOU”Bekendstelling van Begaafdekind.com
Om een of ander duistere rede weier Facebook dat ek die skakel na begaafdekind.com met julel deel. Daarom skryf ek nou ‘n artikel op my persoonlike webwerf om dit so met julle te deel. Dit is een van die redes waarom ek sedert Januarie so min op Facebook is – die tegnologie is besig om op grond van sommetjies te besluit wat mens mag sien – en wat nie. Ewenwel, dan deel ek die inligting nou so met ouers en onderwysers.
Lees voort “Bekendstelling van Begaafdekind.com”533 miljoen Facebook gebruikers se data gesteel
Saterdag 3 April 2021 het Alan Gal, ‘n kubersekuriteitsagent, ontdek dat 533 miljoen Facebook gebruikers se persoonlike inligting gratis in ‘n forum vir kuberskelms gedeel is.
Lees voort “533 miljoen Facebook gebruikers se data gesteel”
Boekresensie: Elf dae in New York
Skryfster: Elizabeth Wasserman
LitNet Akademies se adviesraad
Verlede week kry ek ‘n e-pos wat my terselfdertyd geskok en ontsettend geëerd laat voel het.