Ek het vertel dat ons twee nagte in Colesberg moes oorslaap. Ons waentjie se as het op die N1, 80 km voor Colesberg, gebreek. En ons moes die nuwe as in Bloem gaan haal.
Lees voort “22:45 op die pad – manlief se vergissing”Etiket: Reisjoernaal
Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen
Hierdie ware verhaal het ‘n kinkel in die kabel, dit vorm deel van ‘n bloguitdaging:
Lees voort “Vreeslose Goue Vroue in Fresh Markets in Öskemen”
Goue Vroue, Maps.me en Mosambiek
Maps.me is blykbaar ‘n goeie toep in Europa. Manlief se tolk in Öskemen. Kazakhstan het dit gebruik om die hele Europa vol te toer. Vir ons kon hy nie oortuig om dit in Kzakhstan te vertrou nie. Want ons sal dit nooit weer vertrou nie. Nie nadat ons dit in Mosambiek getoets het nie.
Hierdie ware verhaal vorm deel van ‘n bloguitdaging: Vir die doel van hierdie uitdaging word elke Goue Vrou uitgedaag om ‘n ware verhaal te vertel waarin sy waaghalsig, roekeloos, dapper, onverskillig, vreesloos, uitdagend, mal, koen, riskant, gevaarlik of heldhaftig was. Met een groot verskil. Soos gewoonlik is die res van ons karakters in elkeen se ware verhaal. Die verhale van die Goue Vroue se waaghalsigheid kan hier gelees word https://fresh.inlinkz.com/p/f80d05d5846445598fea67b47c8a6182.
Kalenderfoto vir Augustusmaand en resep vir Kazakhgeïnspireerde kersfeesrooibostee
Die Goue Vroue het weerens ‘n bloguitdaging gestel: Deel jou kalenderfoto vir jou verjaarsdagmaand en ‘n resep vir die kookkunsklasse wat ons op Rebusfontein moes aanbied.
Lees voort “Kalenderfoto vir Augustusmaand en resep vir Kazakhgeïnspireerde kersfeesrooibostee”
Hoe het ek ‘n towerin geword?
Ek gaan nou eers moet bieg, op een of ander manier het ek hierdie uitdaging misgelees, misgekyk. Om te vertel hoe ek een geword het. Gelukkig lees ek my maats se blogs en het ek dit wel raak gelees. Ter verdediging mag ek dalk noem dat ons pak. En dit laat my kop oral probeer vastrapplek kry. Hier kom my verhaal.
Lees voort “Hoe het ek ‘n towerin geword?”‘n Vinnige nagtelike Uber op OR Thambo
Dit lyk vir ons of dit baie beter gaan wees om Stilbaai toe te ry as om te vlieg. Veral as ek na die afgelope twee gebeurtenisse kyk …
Lees voort “‘n Vinnige nagtelike Uber op OR Thambo”