Gepubliseer in Joernaal

Uitgerus in Rebusfontein

Na ‘n lang slaap, is ek uitgerus en gereed om my blogvriendinne op Rebusfontein te ontmoet. Gister was ek uitgeput, poegaai, moeg tot die dood toe, of so iets. Nommer 17 was net die regte doepa vir my. En nou sit ek met die dilemma, hoe gaan ek die Goue Vroue hier by Rebusfontein kry?

Seegogga is reeds hier, sy lê in haar hangmat en sy het die pittekou in die yskas, sy wag dat ons by haar moet aangaan. Die pittekou gaan nie so goed met my liewe derm akkommodeer nie, dus wonder ek hoe ek die drankie gaan drink sonder om die pitte te sluk. Ek dink ek kan probeer maak soos die ou mense met snuif gemaak het. Die pitte kou en dan ongemerk uitspoeg terwyl ek die voggies drink? Hmmm, dit kan werk, dink ekke.

Marlene, jou huisie staan nog, maar net-net. Hier was geen brand nie, maar hier is spinnekoppe. Van daardie soort wat goed toespin. Die bome in die tuin is reeds wit gespin, maar dit lyk asof hulle nog nie in die huis in is nie. Toortsie gaan beslis nie kon red nie, daarvoor laat ‘n spinnekop haar nie toe nie. Sy is net so bang soos ek vir spinnekoppe. Ek het effens nader gestap, toe kry ek ‘n kyk! Genugtig, ek het my koud geskrik, gemaak of ek nie sien nie en gehardloop soos die wind. In my ronde huisie sal hy my nie kan vaskeer nie, daar is nie hoeke nie. Ek dink ek moet my kwota pittekou vir die ene voer. Ek sien net een … ons sal dalk plan kan maak. My probleem is dat ek eers gerus is as ek die opgekrulde spinnekop sien, lankal nie meer op die aarde nie.

Positief is seker dat Toortsie haar vrees gaan oorwin, dat sy die spinnekop vir Marlene sal kom tem. Tannie Frannie is nie so seker daarvan nie. Nadat Christa ‘n spinnekop toegelaat het om Toortsie deur die dorp te dra, is Toortsie eers bang vir spinnekoppe.

O jitte, Lindie, die spookasemboom? Die spinnekop is op pad daarheen om die ook toe te spin. Hoe gaan ek sy aandag aftrek? Appeltjie is te besig by die skool, sy gaan nie vandag kan kom nie. Una? Sy is net die een om die spinnekop se aandag af te trek. Sy is nie bang vir vlermuise nie, sy hanteer elke gogga en slang en ongedierte in Mosambiek, so op die strand. Sal Una die spinnekop kan kom wegneem?

Aalsie dink nie so nie, volgens haar is haar oupa se konsertina op die solder die regte ding. Sy gaan die spinnekop uit die dorp kom lok, al agter haar musiek aan totdat sy hom by ‘n beter plek kan kry. Probleem is, sy het ‘n klavier se musiek ook nodig. Dalk kan Toortsie tog maar kom help?

Trommeltjie kom tot met ‘n plan. Ons gaan ‘n dankfees reël. Die spinnekop gaan mos nie weet die musiek en joligheid is met ‘n doel nie? Woordnoot stem saam met ‘n dankfees. Trommeltjie stel voor dat daar onverwagte gaste kan kom. Wel, ek hoop net dit is nie spinnekop se spinnewyfie en spinnekroos nie.

Aalsie kom dan met die meesterplan. Ons gaan ‘n oesfeesdans hou, ‘n regte, egte dans waar ons kan dankie sê vir ‘n jaar vol drome en harde werk wat waar geword het. Dalk is ons oes nie goed nie, maar dit is geen rede om nie fees te vier nie. Volgende jaar is daar weer ‘n oes, ons kan nou al dankie sê.

Wie gaan verder vertel?

Vir nou gaan ek eers oor na Seegogga om saam pitte te kou, voordat daar niks oor is om te proe nie.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “Uitgerus in Rebusfontein

  1. ñ Spinnekop wat besig is om bome toe te spin! Genugtig Christa, hierdie kan groot moleste veroorsaak. Een goue vrou wat glad nie gaan opdaag nie, is VirgoC. Net by die aanhoor van die woord sal sy haar tassie sumier uitpak en net daar in Dubai bly. Ja, en dan het ons ook vir Toortsie. Sy gaan nie eers vir ñ boom kan hol nie! Nee kyk, ons verwelkom graag nuwe intrekkers op Rebus, maar sowaar nie mev Spinnie en haar kroos nie.

    Like

  2. neewat, darie spinnekoppe sal gou verdwyn as hulle hoor ons vier fees. Rebus het nie plek vir spinnekoppe nie. Hy by my blou Rebushuisie is niks. Ek het klaar jou pittekou geskink, Christa!

    Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.