Na ‘n lang slaap, is ek uitgerus en gereed om my blogvriendinne op Rebusfontein te ontmoet. Gister was ek uitgeput, poegaai, moeg tot die dood toe, of so iets. Nommer 17 was net die regte doepa vir my. En nou sit ek met die dilemma, hoe gaan ek die Goue Vroue hier by Rebusfontein kry?
Lees voort “Uitgerus in Rebusfontein”Etiket: Bloguitdagings
Oeps … daar doen ek dit weer …
Ek het die afgelope maand bietjie aan my webwerf gewerk. Aan my skrywes geskaaf. En in die proses het ek meer as een oeps gemaak. Dus kan ek saam met – is dit Britney Spears? – sing: Oeps, daar doen ek dit weer …
Lees voort “Oeps … daar doen ek dit weer …”