So sit ons verlede week op die stoep van ons meenthuis in Centurion en gesels, terwyl kleinseun by die deur uit is buitentoe.
Lees voort “Oplettende kleinseuntjie … rainbow”Etiket: reën
Vlakke van Vaaldam en -rivier styg weer
Dit is weer Desember en dit reën weer baie in Gauteng en oor die land. Die Vaaldam se vlak het vinnig gestyg en die dam is bykans 100% vol, met nog reën wat voorspel word. Juis in die Vaalrivier se opvangsgebied.
Lees voort “Vlakke van Vaaldam en -rivier styg weer”Ek … die natgereënde hoender
La Nina is nog glad nie klaar met die koue, nat lug wat sy oor die oostelike helfte van Suid-Afrika injaag nie. Sy het die vog vir die tropiese sikloon Eloïse voorsien. Eloïse was die sewende tropiese depressie wat oor die oseaan gevorm het, die vyfde benoemde storm en die tweede tropiese sikloon van die 2020/21 seisoen. Eloïse het weens die gunstige toestande wat deur La Nina geskep word, gevorm.
Uit my prille jeug … pret met water
Scrapy daag ons die week uit om oor avontuur met water te skryf … en dit vat my na my kinderjare terug, veral omdat sy gesels oor ‘n weghardloop en -kruip episode op ‘n boot. Daarom het ek so bietjie afgedwaal van avontuur ….