As ‘n woef se ma naaldwerk kan doen

Ek het al vertel dat BB my Miniatuur Schnauzer is. En dat sy babadoeke gedra het toe sy op hitte was. Om vir Nevan die Siberiese Husky van sy luste te laat vergeet. Kliek hier as jy dit nog nie gelees het nie. Die veiligheidsbaadjie wat sy op een van die foto's daar aan het, … Lees voort As ‘n woef se ma naaldwerk kan doen

8-mere (8-lakes) vakansie-oord buite Almaty – ‘n juweel

Ek moet oor ons besoek aan hierdie vakansieplek vertel. Want Ust-Kamenogorsk het nie veel van toerisme geweet nie. En hierdie soort plek sal daar net so goed werk. Almaty ken darem die behoeftes van toeriste ... Vriendin Mia het in September vertel hulle wil Almaty toe kom. Dan gaan hulle na die 8-lakes vakansie-oord toe. … Lees voort 8-mere (8-lakes) vakansie-oord buite Almaty – ‘n juweel

So daar is nie iets soos Afrikaans nie?

Ek lees so rukkie gelede ‘n Facebook inskrywing van ‘n vrou wat dink dat sy iets sinvols kwytgeraak het. Om presies te wees op 1 September 2020. Volgens haar is daar nie iets soos Afrikaans nie. Regtig? Daar is skoolgeld om teruggevra te word. As sy die stelling sou kon verstaan ... Afrikaans is nie, … Lees voort So daar is nie iets soos Afrikaans nie?

Shymbulak – wêreldgehalte ski-oord by Almaty, Kazakhstan

Ek dreig so lankal om te vertel van hierdie pragtige ski-oord in die Zailiyskiy Alatau bergreeks wat agter ons woonstel die suidelike grens van Almaty ontwikkel is. As ek egter deur my foto’s begin blaai, weet ek nie wat om te vat en te los nie. Dus gaan ek tog nou probeer. Die Alatau bergreeks … Lees voort Shymbulak – wêreldgehalte ski-oord by Almaty, Kazakhstan

Eerste maand tuis en keelvol vir verwers

Ons het die 4de Oktober toe nie plaas toe gegaan nie, maar in ons stadshuis kom bly. Die een wat leeg is en net ‘n bed en so aan in het omdat ons Januarie in die huis kom bly het terwyl daar binne geverf word. Ek het ook vertel dat ons die huis laat verf … Lees voort Eerste maand tuis en keelvol vir verwers

Wat gaan met WordPress aan?

WordPress het werklik irriterend geword. Die een oomblik tik ek nog lekker die volgende oomblik kan ek niks byskryf nie. Die een oomblik kan ek ‘n foto byvoeg, die volgende oomblik is ‘n beperkte getal foto’s beskikbaar. Kan ek nie meer byvoeg nie. Dan moet ek op opdateer druk en hoop dat wat ek so … Lees voort Wat gaan met WordPress aan?

Wegkruipertjie met Schnauzers

Ek het nou al ‘n paar keer geskryf oor goed wat ek doelbewus moes onderdruk om gelukkig in Kazakhstan te kan wees. Een daarvan was om my Miniatuur Schnauzers om my voete te vind. Maar veral om met hulle wegkruipertjie te speel. BB (Illonka is haar geregistreerde naam) speel nie sommer saam nie. Sy ken … Lees voort Wegkruipertjie met Schnauzers

My 60ste sal ek nie lig vergeet nie …

17 Augustus 2020 was die een dag in my lewe wat ek so graag saam met my kinders wou vier. My 60ste verjaarsdag. Die Here het egter ‘n ander plan vir my gehad. Die datum 17 Augustus gaan onthou word omdat dit die einddatum van die tweede inperking in Qazaqstan was. Ons kon uiteindelik na … Lees voort My 60ste sal ek nie lig vergeet nie …