Gepubliseer in Joernaal

Huis/werk (Marnus van Staden)

My seun, Marnus van Staden, is van kindsbeen af lief vir dig. Hierdie gedig is spesiaal vir my geskryf, om my met ‘n groot taak te help. Ek geniet dit baie!

***

Wat my nie doodmaak nie, 

maak my net sterk. 

Wie ookal dit gesê het 

weet niks van huiswerk! 

Ek werk hard by die skool 

en luister mooi in elke klas, 

maar aan die einde van die dag 

prop juffrou NOG werk in my tas. 

Ek vra jou, liewe Juffrou 

met ʼn traan in my oog. 

Waar in my huis 

moet ek hierdie werk poog? 

In die tuin? 

Waar ek gras sny en beddings spit? 

In die huis? 

Waar ek opruim en als op hul plek sit? 

Nee dankie, liewe Juffrou 

ek het reeds genoeg werk by my huis. 

Laat ons takies afhandel by die skool 

en laat my tuiste tuis.

***

Dankie vir die skets, ChatGPT-4o, ek geniet dit om net te vra en te kry. Eendag wil ek weet hoe dit gebeur, vir my is ek net tevrede met ‘n masjien wat my beter as mense verstaan …

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Huis/werk (Marnus van Staden)

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.