Blogvriendin Anne deel gister die mooiste foto’s van blomme en plante wat skielik net weer in volle blom staan. Nadat sy oorweeg het om die een uit te haal wat dood gelyk het na ‘n langdurige droogte.
Lees voort “Onverwagse groenigheid …”Etiket: waterloos
Waterloos langs die water
Ek het al vertel van ons twee maande in Kathu. En dat een van die slegste dele daarvan was om elke tweede dag gedurende die dag waterloos te wees. Blykbaar werk Sishen myn aan die waterpype, maar die week voor Valentynsdag was ons vir vier dae sonder water.
Waterlose Kathu maak my lam …
Ons het die afgelope weke soveel reën gekry dat Kathu se velde groen van die gras staan. Gister die hele dag weer, met donderweer wat die krag in die huis uitgeslaan het. Ek het my koud geskrik.
Waterlose, kraglose Kathu …
Toe ons in Januarie 2019 na Kazakhstan getrek het, het ek gewonder hoe ek ooit my navorsing daar sal kan doen. Gaan daar genoeg krag wees? Wat van internet? Die land is relatief arm teen Suid-Afrika. Ongeveer 30 van sy geldeenheid (Tenge) is ongeveer 1 Suid-Afrikaanse Rand werd. Maar dit was ‘n ligte bekommernis, toe is ons land deur load shedding geruk – daagliks. Ek het gewonder of my rekenaar dit gaan hou?