Om ‘n Miniatuur Schnauzer se mensmamma te wees

Ek het hierdie artikel op 17 Junie 2017 begin skryf. Nooit klaargemaak nie, dit het in die besig-om-aan-te-werk lêer gaan lê en wag, saam met baie ander. *** My dogter het vreeslik baie navorsing gedoen voor sy 'n tweede woef aangeskaf het: moet met ander woewe oor die weg kom, goeie geaardheid, moenie hare verloor … Lees voort Om ‘n Miniatuur Schnauzer se mensmamma te wees

Resensie TV-reeks: Afgrond

Ek is 'n absolute ondersteuning van Afrikaanse TV-reekse, stories, flieks en musiek. Nie tot op die vlak waar ek enige iets as goed sal beskryf nie, maar ek gee die Afrikaanse werke 'n goeie kans voordat ek dit afskiet en nie verder kyk of luister nie. Afgrond is - soos Lioness - 'n Suid-Afrikaanse TV-reeks. … Lees voort Resensie TV-reeks: Afgrond

e-Pos uit Kazakhstan – Maart/April 2021 Sarie

Vanoggend was daar nog niks en toe ek weer kyk, is die nuutste Sarie op die rakke. Dit is nou die een waarin my e-pos uit Kazakhstan gepubliseer is. Kan mens regtig so knop op jou maag kry as jy sien dit is nou dit? Die Sarie is op die rakke, die artikel is gepubliseer. … Lees voort e-Pos uit Kazakhstan – Maart/April 2021 Sarie

Wees gewaarsku: Vryburg Noordwes = Wilde Weste

Vandat ons na Kuruman getrek het, waarsku die manne op die myn. Hou 'n oog oor die vrag op jou bakkie as jy deur Vryburg ry. Die meeste bly in die stad. En ry elke tweede naweek huis toe. Tot nou was ons gelukkig. Ons het nou al 'n hele paar keer deur Vryburg gery … Lees voort Wees gewaarsku: Vryburg Noordwes = Wilde Weste

LitNet Akademies se adviesraad

Verlede week kry ek 'n e-pos wat my terselfdertyd geskok en ontsettend geëerd laat voel het. Geskok omdat ek nie in my wildste drome gedink het dat ek genooi sou word om op 'n vaktydskrif se adviesraad te dien nie. En beslis nie LitNet se adviesraad vir opvoedkunde nie. Ek het die e-pos gelees, besluit … Lees voort LitNet Akademies se adviesraad

Foto-storie #1

Ek sien daar is soveel bloguitdagings vir die deel van foto's in Engels. Ek wil graag daaraan deelneem, maar ek wil nie my blog se taal meng nie. Ek lief my Engelse blogvriende, gesels op hulle s'n in Engels saam. En geniet dit as hulle hier in Engels saamgesels. Sommer baie. Ek skryf my artikels … Lees voort Foto-storie #1

Boekresensie: James en die reuse perske

Nog 'n boekresensie uit die pen van die 9-jarige Chrisjan. Ek geniet sy resensies vreeslik baie, die taalgebruik van 'n seuntjie wat dit geniet om boeke te lees. En nou verwag sy ouma van hom om resensies oor die boeke te skryf. Sy foto's ter illustrasie word al hoe ouliker. Kliek op die foto om … Lees voort Boekresensie: James en die reuse perske

Internasionale moedertaaldag – 21 Februarie ‘21

Ek moes dit net doen ... die datum. Lyk dit nie interessant nie? Dit was vandag internasionale moedertaaldag en ek wonder hoeveel mense het dit gevier. Daarvan geweet. Hier in die Noord-Kaap besef ek hoe gelukkig ons is om Afrikaans te hoor. In die winkels, in die kafees, ons word bykans oral in Afrikaans bedien … Lees voort Internasionale moedertaaldag – 21 Februarie ‘21

Sal ek reis om ‘n referaat by ‘n kongres te lewer?

Ek wag vandag vir 'n e-pos van Researchgate af en kry dit nie. Hulle beveel aan dat ek onder die gemorspos gaan kyk, maar dit is nie daar nie. Daar is wel twee ander e-posse wat my aandag trek. Die een nooi my om tussen 15 en 19 Julie 2022 'n referaat by die Wêreldkongres … Lees voort Sal ek reis om ‘n referaat by ‘n kongres te lewer?

En toe kap ek om …

Ek gesels met blogvriendin Appeltjie, sy het 'n seer elmboog ontwikkel. En 'n inspuiting daarin moes kry. Dit het my herinner aan die kortisooninspuiting wat ek die einde van Januarie in my linkerhand gekry het. Ek het 'n seer knoppie in my hand gevoel, so tussen die ringvinger en my pinkie. Gevoelig. Toe besluit ek … Lees voort En toe kap ek om …